Blesbokspruit is 'n rivier in Gauteng. Dit ontspring in die omgewing van Daveyton, loop suid en daarna wes verby Springs, Nigel en Heidelberg. Stroomafwaarts sluit dit by die Suikerbosrandrivier, 'n boloop van die Vaalrivier, aan. Hierdie voëlreservaat het met die aanleg van paaie en pyplyne vir die myne in 1930 ontstaan.
'n Gebied van 1848 ha is in 1986 tot Ramsar-vleiland verklaar. Ongelukkig veroorsaak nywerhede in die gebied ongewenste besoedeling.
Die Marievale-voëlreservaat tussen Springs en Nigel is in die gebied.
Ontspring naby Daveyton
Monding Suikerbosrandrivier.
Lees ook Ramsar-vleilande in Suid-Afrika Ramsar-konvensie
Eksterne skakels
Kategorie:Natuurreservate in Gauteng Kategorie:Riviere in Gauteng