Einat Kalisch-Rotem, Hebreeus: עינת קליש-רותם, (gebore op 3 September 1970 in Haifa) is 'n Israelse argitek en politikus wat aan die Arbeidsparty (HaAvoda) behoort.
Sedert 20 November 2018 is sy die burgemeester van die Noord-Israeliese hawestad Haifa. Sy is die stad se eerste vroulike burgemeester.
Kalisch-Rotem het in die Israeliese Lugmag gedien en argitektuur en stadsbou aan die Technikon in Haifa en stadsbeplanning aan die ETH Zürich in Zürich gestudeer.
Sy het 'n argitektuur-firma wat homself besig hou met stads- en streekbeplanning, en onderwys aan die Technikon sowel as aan die Tel Aviv Universiteit. Verskeie pryse is aan haar toegeken.
Einat Kalisch-Rotem is getroud en het twee kinders. Sy besit 'n swart gordel in karate.
Eksterne skakels
Einat Kalisch-Rotem se webwerf Die amptelike webwerf van Haifa Haifa elects first woman mayor, The Jerusalem Post, 31 Oktober 2018 Kalisch-Rotem takes Haifa, Huldai keeps Tel Aviv, Globes, 31 Oktober 2018
Kategorie:Israelse burgemeesters Kategorie:Israelse Jode Kategorie:Israelse kunstenaars Kategorie:Argitekte Kategorie:Stadsbeplanners Kategorie:Geboortes in 1970 Kategorie:Lewende mense