duimnael|regs|250px|Blake Lively in 2016. Blake Ellender Lively (née Brown; 25 Augustus, 1987, Los Angeles, Kalifornië, Verenigde State) is 'n Amerikaanse aktrise.
Lively is bekend as Serena van der Woodsen in die CW drama televisie reeks Gossip Girl (2007–2012). Sy het ook in 'n aantal films, insluitend The Sisterhood of the Traveling Pants (2005), The Town (2010), Green Lantern (2011), Savages (2012), The Age of Adaline (2015) en A Simple Favor (2018) gespeel.
Sy is getroud met die akteur Ryan Reynolds sedert 2012, saam met wie sy drie kinders het.
Vroeë lewe Blake Lively is gebore as Blake Ellender Brown op 25 Augustus 1987 in die Tarzana omgewing van Los Angeles, Kalifornië. Haar ma, Elaine (née McAlpin), gewerk as 'n talentverkenner ("talent scout"), en haar pa, Ernie Lively (né Ernest Wilson Brown, Jr.), was 'n akteur.According to the State of California. California Birth Index, 1905–1995. Center for Health Statistics, California Department of Health Services, Sacramento, California. Searchable at Family Tree Legends Lively is vernoem na haar ouma se broer. Sy is van Engelse, Ierse en Duitse herkoms.
Sy het 'n ouer broer, Eric Lively, twee half-susters, Lori Lively en Robyn Lively , en 'n half-broer, Jason Lively. Haar half-broers en susters is van haar ma se vorige huwelik. Albei haar ouers en al haar broers en susters is, of was, in die vermaak bedryf.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1987 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu