Leon Schuster (gebore 21 Mei 1951) is die vervaardiger van rolprente (waarin hy gewoonlik self die hoofrol vertolk), komediant en akteur, en is Suid-Afrika se koning van fopkamera. Hy maak sy filmdebuut in 1983 in Wolhaarstories, die enigste Afrikaanse rolprent waarin hy gespeel het.
Hy is veral bekend danksy sy komiese rolprente wat Suid-Afrika se kultuur en kultuurverskille uitbeeld. Hy ontvang baie kritiek vir veral sy rolprente, wat as "toilethumor" beskou word, maar is die een rolprentvervaardiger wat oor taal- en kultuurgrense 'n aanhang opgebou het.
Biografie Schuster is op Vereeniging gebore en het in Bloemfontein grootgeword en by Laerskool Wilgehof en Hoërskool Jim Fouché skoolgegaan. Na skool het hy onderwys aan die Universiteit van die Vrystaat studeer en 'n BA-graad met Afrikaans en Engels as hoofvakke en later 'n Hoër Onderwysdiploma verwerf. Hy het vir die Universiteit van die Vrystaat se eerstespan rugby gespeel.Leon Schuster, "The End of My Rugby Career", in Anglus Powers, ed., Rugby in Our Blood, Cape Town: Tafelberg, 2011, . Hy het ook as haker vir die Vrystaatse rugbyspan gespeel en is steeds 'n groot ondersteuner van die Vrystaatse Cheetahs. Hy was toe 'n onderwyser by Hoërskool Jim Fouché vir twee jaar.Lindsay Batteson, "A perfect prankster ", Get It Bloemfontein, 28 Junie 2010."Leon Schuster kom kuier by Alma Mater" , Hoërskool Jim Fouché, Februarie 2013
Loopbaan Schuster het in 1975 by die SAUK aangesluit, waar hy veral vir sy radioprogram Die Vrypostige Mikrofoon onthou word deur talle mense met sy vlymskerp poetse uit te vang. Dit het die fondament vir sy poetse in sy rolprente gelê.
Filmografie Wolhaarstories (1983) You Must Be Joking! (1986) You Must Be Joking! Too (1987) Oh Schucks!...Here Comes U*N*T*A*G (1989) Oh Schucks!...It's Schuster (1989) Sweet 'n Short (1992) There's a Zulu On My Stoep (1993) Panic Mechanic (1997) Millennium Menace (1999) Mr Bones (2001) Oh Shucks!...I'm Gatvol! (2004) Mama Jack (2005) Mr Bones 2 (2008) Schuks Tshabalala’s Survival Guide to South Africa (2010) Mad Buddies (2012) Oh Schucks!...Your Country Needs You! (2013) Schuks! Pay Back The Money (2015) Frank And Fearless (2018)
Diskografie Leon Schuster (1982) Broekskeur (1983) Waar En Wolhaar (1983) Briekdans (1984) Rugby (1985) You Must Be Joking! (1986) Dasiefoutie (1988) "Shakin" Schuster En Sy Opkikkers (1992) Hie' Kommie Bokke (1995) Gautvol in Paradise (1997) Die Vrypostige Mikrofoon, Volume 1 (1998) Die Vrypostige Mikrofoon, Volume 2 (1998) Baas Funny Plaas (1999) My Beste Jare (2001) Groen, Goud En White (2002) Catchup Song And Every Cricket Hit (2003) Oh Schuks... I'm Gatvol (2004) Op Dun Eish (2006) " Hie' Kommie Bokke 2!" (2007) Dra Die Bok (2008) My Mates – Die Bokke
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikante
Verwysing
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Suid-Afrikaanse komediante Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprentvervaardigers Kategorie:Geboortes in 1951 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Alumni van Hoërskool Jim Fouché Kategorie:Alumni van die Universiteit van die Vrystaat