Hierdie artikel handel oor die kerkgebou. Vir die kerkorganisasie, sien Kerk (organisasie). duimnael|Die 4de eeuse kerk- en kloosterkompleks van Sint Simeon Stylites in Aleppo, Sirië is een van die oudste bewaarde kerkgeboue duimnael|NG kerk Rondebosch, 2012 duimnael|Kloosterkerk van die Monastery of the Holy Spirit naby Conyers, Georgia, VSA duimnael|Die Urnes-staafkerk in Luster, Noorweë
Die term kerkgebou (dikwels kort kerk genoem) verwys in die algemeen na 'n gebou wat deur 'n Christelike gemeenskap vir byeenkomste gebruik word. Die woord is afgelei van die Griekse kyriake (letterlik "dit wat aan die Here behoort") – kerke word gevolglik ook dikwels godshuise genoem. Christelike kerke word saam met die geboue van ander godsdienste ook sakrale geboue genoem.
Funksie en ontwikkeling Die kerkgebou dien as 'n plek van byeenkoms, alhoewel sy godsdienstige betekenis na gelang van die gemeenskap wat dit gebruik, verskil. 'n Aantal Christelike kerke – onder meer die Rooms-Katolieke Kerk – beskou die kerkgebou as 'n besondere plek, wat deur God se teenwoordigheid gekenmerk word. Ander gemeenskappe – byvoorbeeld gereformeerde Christene – beweer dat die teenwoordigheid van God nie afhanklik is van die gebou nie, maar van die gemeente wat in sy naam vergader.
Kerkgeboue word in argitektoniese opsig dikwels deur 'n ryk simboliek gekenmerk. Die boustyl van 'n beperkte tydperk verduidelik dus ook die godsdienstige lewe van dié tyd.
Die vroeë Christene het in afwagting op 'n spoedige letterlike wederkoms van Jesus Christus geleef en die kerkpoorte steeds in oostelike rigting gebou. Met die liturgiese veranderings van die Middeleeue is die rigting verander, en veral die apsis is in oostelike rigting opgerig: die aanbidding van God het destyds in die rigting van die opgaande son, dus die ooste, plaasgevind. Later is min aandag aan die rigting geskenk en die argitektuur het eerder die besonderhede van die plek en die ontwerp gevolg.
Verskillende tipes kerkgeboue volgens funksie duimnael|Plan van 'n kerk in die vorm van die Latynse kruis duimnael|Die katedraal van Helsinki Katedraal: biskopskerk Munsterkerk: kloosterkerk, kapittelkerk of biskopskerk Parogiekerk: hoofkerk van 'n kerkgemeente Kloosterkerk: Die kerk van 'n klooster Kapittelkerk of kollegiale kerk Pelgrimskerk of bedevaartskerk Hospitaalkerk of hospitaalkapel Kapel: meestal 'n kleiner gebou of kamer, wat dikwels nie vir gereelde dienste van 'n gemeente gebruik word nie. Hier vind gewoonlik private dienste of dienste van 'n bepaalde groep (lede van 'n orde, pasiënte van 'n hospitaal of inwoners van 'n bepaalde instelling) plaas. Dit word soms ook oratorium genoem. 'n Kapel vorm óf 'n eie gebou óf maak deel uit van 'n groter gebou. Daar is ook aparte dele van 'n kerk wat kapel genoem word, soos doopkapelle, sakramentskapelle, kripte, sykapelle van 'n koor en ander. Basiliek: in die Rooms-Katolieke Kerk word kerke van besondere betekenis basiliek genoem (sien ook: Basilica minor).
Onderskeiding volgens bouvorm Sentraalkerk Lang kerkgeboue: basilieke, saalkerke Kruiskerk Kasteelkerk Weerkerk Galerykerk Kript
Besondere bouvorme: Dubbelkerk Hallekerk Kappiekerk Rondkerk Rotskerk Saalkerk Staafkerk Veldsteenkerk
Sien ook Afrikaanse kerkbou in die Karoo Johan de Ridder Pieter Dykstra J. Anthonie Smith George Murray Alexander Hendrik Vermooten William Henry Ford Carl Otto Hager Gerard Moerdijk Wynand Louw Hermann Kallenbach Folkert Wilko Hesse Richard Wocke Charles Freeman John Parker James Bisset Geurt Geers Leendert Geers Moskee, Islamitiese eweknie Sinagoge, Joodse eweknie Tempel, eweknie van ander godsdienste
Eksterne skakels