duimnael|260px|’n Geloftegedenkplaat bekend as die Ninnion-tablet, beeld sekere elemente van die Eleusiniese misterieë uit. Dit is in die heiligdom by Eleusis ontdek en dateer van die middel 4de eeu v.C.
Die Eleusiniese misterieë (Grieks: Ἐλευσίνια Μυστήρια) was ’n instelling wat elke jaar vir die kultus van Demeter en Persefone gehou is en gebaseer was by Eleusis in Antieke Griekeland. Dit was die "beroemdste van die geheime godsdienstige rituele van Antieke Griekeland".Encyclopædia Britannica Dit was deel van ’n ou landelike kultusMartin P. Nilsson, Vol I, p. 470 en daar is getuienis dat dit afgestam het van die ou godsdiensgebruike van die Miceense tydperk.Dietrich (1975) The origins of Greek Religion. Bristol Phoenix Press pp. 166, 167Walter Burkert. (1985)Greek Religion. Harvard University Press. p. 285
Die misterieë hou verband met die mite van die ontvoering van Persefone van haar ma, Demeter, deur die koning van die onderwêreld, Hades, in ’n siklus met drie fases: die verlies, die soektog en die terugkeer. Die hooftema was die terugkeer van Persefone en die hereniging met haar ma. Dit was ’n groot fees in die Hellenistiese tydperk en het later na Rome versprei.Ouvaroff, M., 1786–1855) (uit Frans vertaal deur J.D. Price) Essay on the Mysteries of Eleusis, Londen : Rodwell and Martin, 1817 (herdruk: VSA: Kessinger Publishing, 2004). Soortgelyke godsdiensrituele het voorgekom in die landbougemeenskappe van die Nabye Ooste en Minoïese Kreta.
Die rites, seremonies en geloofsopvattings is geheim gehou. Vir die ingewydes het die hergeboorte van Persefone die ewigheid van die lewe gesimboliseer wat van geslag tot geslag gevloei het; hulle het geglo daar wag ’n beloning vir hulle in die hiernamaals.Tripolitis, Antonia. Religions of the Hellenistic-Roman Age. Wm. B. Eerdmans Publishing Company, November 2001. pp. 16–21. Daar is baie skilderye en potskerwe wat verskeie aspekte van die misterieë uitbeeld. Omdat dit visioene en die oproep van ’n hiernamaals behels het, glo sommige geleerdes die rituele, seremonies en ondervindings is so lank (twee millenniums) volgehou omdat ’n psigedeliese dwelm betrokke was.Wasson, R. Gordon, Ruck, Carl, Hofmann, A., The Road to Eleusis: Unveiling the Secret of the Mysteries. Harcourt, Brace, Jovanovich, 1978.
Etomologie "Eleusiniese misterieë" was die naam van die misterieë van die stad Eleusis. Die stad se naam is pre-Grieks en kan verband hou met die godin Eileithyia.Elysion: The island of the happy dead (Hesiodus:Works and days 166ff). Eileithyia. A Minoan goddess of childbirth and divine midwifery:F.Schachermeyer(1967).Die Minoische Kultur des alten Kreta.W.Kohlhammer Stuttgart. pp. 141–142 Haar naam (ook Ἐλυσία, Elysia) hou moontlik verband met die maand Eleusinios en die stad Eleusis,F.Schachermeyer (1967) Die Minoische Kultur des alten Kreta W.Kohlhammer Stuttgart, p. 141 maar dit word betwis. duimnael|180px|links|Triptolemos ontvang koringgerwe van Demeter en seëninge van Persefone (reliëfwerk uit die 5de eeu v.C., Nasionale Argeologiese Museum van Athene).
Demeter en Persefone Die misterieë hou verband met ’n mite oor Demeter, die godin van landbou en vrugbaarheid in die Griekse mitologie, volgens ’n lofsang van Homeros. Volgens die lofsang het Demeter se dogter, Persefone (na wie ook verwys word as Kore, "meisie"), die taak gekry om al die blomme op aarde te verf. Terwyl sy daarmee besig was, het die god Hades haar gegryp en na sy onderwêreldse koninkryk ontvoer.
Demeter het oral na haar dogter gesoek en in ’n poging om Zeus te oorreed om opdrag te gee dat haar dogter teruggebring word, het sy ’n groot droogte teweeggebring waarin baie mense van honger omgekom het. As dit aangehou het, sou dit beteken het die gode kry nie offerande en word nie aanbid nie. Zeus het dus ingegee en Persefone toegelaat om terug te keer na haar ma.Foley, Helene P., The Homeric "Hymn ro Demeter". Princeton University Press 1994. Ook Vaughn, Steck. Demeter and Persephone. Steck Vaughn Publishing, Junie 1994
Volgens die mite het Demeter tydens haar soektog lang ente gereis en baie avonture op pad gehad. Sy leer onder meer aan Triptolemus die geheime van landbou.Smith, William. A New Classical Dictionary of Greek and Roman Biography, Mythology and Geography Vol. II. Kessinger Publishing, LLC 2006. Toe Persefone terugkeer, het die aarde teruggekeer na sy vorige toestand en het die eerste lente aangebreek.
Dit was egter ’n reël van die skikgodinne dat iemand wat in die onderwêreld geëet of gedrink het, vir ewig daar moes bly. Voordat Hades haar laat gaan het, het hy haar met ’n skelmstreek sover gekry om vier granaatpitte te eet (of ses, na gelang van die mite), en daarom moes sy noodgedwonge vir vier (of ses) maande van elke jaar na die onderwêreld terugkeer. Die res van die jaar kon sy by haar ma deurbring.
Wanneer Persefone nie by haar was nie, het Demeter getreur en nagelaat om ’n ogie oor die landbou te hou. Dan was dit herfs en winter. Wanneer Persefone terug was, was Demeter bly en het sy weer na die aarde omgesien. Dan was dit lente en somer.
Persefone se hergeboorte (wanneer sy uit die onderwêreld teruggekeer het) is simbolies van die herlewing van alle plantlewe en van die ewigheid van die lewe van geslag tot geslag.
Misterieë Die Eleusiniese misterieë kom vermoedelik uit die vroeë antieke tyd. Volgens sommige vondste in die tempel Eleusinion in Attika was die basis daarvan ’n ou landelike kultus.Nilsson, Vol I, p.470 Sommige praktyke is vermoedelik oorblyfsels uit die Miceense tydperk, en dus van voor die Griekse Donker Middeleeue. Uit opgrawings blyk dit daar was in die Miceense tyd ’n privaat gebou onder die Telesterion (Groot Saal), en daaruit word afgelei die kultus van Demeter was aavanklik privaat. In die Homeriese lofsang word die paleis van koning Keleos genoem.Nilsson, Vol I, pp. 474,475
Moderne geleerdes glo die misterieë was bedoel om "die mens uit die menslike sfeer tot die goddelike te verhef, en so sy verlossing te verseker en onsterflikheid aan hom te gee".Nilsson, Martin P. Greek Popular Religion "The Religion of Eleusis" New York: Columbia University Press, 1947. pages 42–64 Daar is vergelykings tussen hierdie Griekse rituele en soortgelyke – soms ouer – stelsels, onder meer in die Nabye Ooste. Sulke kultusse sluit in die misterieë van Isis en Osiris in Egipte, dié van Adoniac van Siriese kultusse, die Persiese misterieë en die Frigiese Kabeire-misterieë.Newton, Joseph Fort.The Builders p.24
duimnael|240px|Demeter, op ’n troon, hou haar hand seënend uit na die knielende Metaneira, wat vir die triade koring bring: ’n herhalende simbool in die misterieë (Varrese-skilder, rooifiguurpot, omstreeks 340 v.C.). Sommige geleerdes glo die Eleusiniese kultus is ’n voortsetting van die Minoïese kultusKerenyi (1976), Dionysos. Archetypal image of indestructible life p.79 en dat Demeter ’n papawergodin was wat die papawer uit Kreta na Eleusis gebring het.Kerenyi, 1976 p.23" Persephone is probably the unnamable mistress of the labyrinth (Mycenean ( Linear B) inscription : da-pu-ri-to-jo po-ti-ni-ja) " : Karl Kerenyi.Dionysos.Archetypal image of indestructible life.p 89,90.
By Eleusis is inskripsies wat verwys na "die godinne" wat vergesel word van die landbougod Triptolemos (moontlik die seun van Ge en Okeanos),Pseudo Apollodorus Biblioteca IV.2 en die "god en godin" (Persefone en Plouton) asook Eubuleus, wat hulle moontlik uit die onderwêreld vergesel het.Kevin Klinton (1993), Greek Sanctuaries: New Approaches, Routledge, p. 11 Die mite het drie fases gehad: die "afdaling" of verlies, die soektog en die "opvaring" of terugkeer (Grieks: "anodos"). Dit het teenoorgestelde emosies, van hartseer tot vreugde, opgeroep wat die volgelinge tot jubeling aangespoor het. Die hooftema was die terugkeer van Persefone en haar hereniging met haar ma, Demeter.Nilsson, Greek popular religion p.51
Aan die begin van die fees het die priesters twee spesiale houers gevul en die inhoud uitgegooi, die een weswaarts en die ander ooswaarts. Die mense het na die lug én die aarde gekyk en in magiese rym geskree: "Reën en word swanger." In ’n ritueel is ’n kind uit die herd (die goddelike vuur) ingewy. Die woord pais ("kind") kom in die Miceense inskripsies voor.Burkert(1985) p.285 Dit was die ritueel van die "goddelike kind", wat oorspronklik Ploutos was. In die Homeriese lofsang word die ritueel verbind met die mite van die landbougod, Triptolemos.Wunderlich 1972 The secret of Creta p. 134 Die godin van die natuur oorleef in die misterieë waar die volgende woorde geuiter word: "Magtige Potnia het die lewe aan ’n groot seun geskenk." Potnia ("dame") is ’n Miceense titel vir die godinne en moontlik die vertaling van ’n soortgelyke titel van pre-Griekse oorsprong.Chadwick: The Mycenean world P.92
Die hoogtepunt van die fees was "’n koringaar wat in stilte gesny is", wat die krag van die nuwe lewe verteenwoordig het. In die begin het die idee van onsterflikheid nie in die misterieë bestaan nie, maar die ingewydes het geglo hulle sou ’n beter lewe in die onderwêreld hê. Die dood was steeds ’n werklikheid, maar terselfdertyd ’n nuwe begin soos die plant wat groei uit ’n saad wat begrawe is. ’n Uitbeelding uit die ou paleis van Phaistos is na aan die beeld van die "anodos" van Persefone. ’n Godin sonder arms en bene groei uit die grond, en haar kop verander in ’n groot blom.Burkert (1985)Greek Religion. Harvard University Press. p.42
Volgens die Griekse argeoloog George E. Mylonas is die kleiner misterieë "gewoonlik een keer per jaar in die vroeë lente, in die maand van blomme, die Anthesterion (ons Februarie), gehou". Die groter misterieë is ook een keer per jaar gehou, maar elke vier jaar met spesiale glans in wat bekend was as die penteteris.Mylonas, George E. "Eleusis and the Eleusinian Mysteries". Princeton University Press 1961, p. 239, 243. Die Hongaarse geleerde Carl Kerenyi stem hiermee saam.Kerenyi, Carl. Eleusis – Archetypal Image of Mother and Daughter. Bollingen Foundation 1967, p. 48. In die Homeriese lofsang aan Demeter is koning Keleos een van die eerste mense wat die geheime rituele van haar kultus se misterieë geleer het. Hy was ook een van die oorspronklike priesters.Bibliotheca Apollodorus, 1.5.2.
Onder die Atheense heerser Peisistratos het die Eleusiniese misterieë pan-Hellenisties geword en pelgrims het ook van buite Griekeland gekom om deel te neem. Omstreeks 300 v.C. het die staat beheer oor die misterieë oorgeneem; dit is bestuur deur twee families, die Eumolpidae en die Kerykes. Dit het gelei tot ’n groot toename in ingewydes. Almal wat Grieks kon praat en wie se hande nie met bloed besmet was nie, kon ingewy word: mans, vroue en selfs slawe.Smith, William. A Dictionary of Greek and Roman Antiquities, Londen, 1875.
Geheime Die weergawe hier onder is in ’n neutedop; ’n groot deel van die inligting oor die Eleusiniese misterieë is nooit neergeskryf nie. Mense wat wou deelneem, moes ’n eed van stilswye aflê. Net ingewydes het byvoorbeeld geweet wat in die kiste (’n heilige kis) en die kalatos (’n mandjie met ’n deksel) was.
Kleiner misterieë Daar was twee Eleusiniese misterieë: die groter en die kleiner misterieë. Volgens die neoplatonis Thomas Taylor "het die dramatiese vertonings van die kleiner misterieë okkulties uitdrukking gegee aan die ellendes van die siel terwyl dit aan die liggaam onderwerp was, en dié van die groter misterieë het deur mistieke en luisterryke visioene die geluksaligheid van die siel te kenne gegee beide hier en hierna, wanneer dit gereinig is van die bevlekkings van ’n materiële aard en konstant opgehef word tot die werklikhede van intellektuele [spirituele] visie". Volgens Plato was "die eindelike doel van die misterieë om ons terug te lei na die beginsels waarvan ons afkomstig is . . . ’n perfekte genieting van intellektuele [spirituele] welsyn".Taylor, p.49.