Hierdie artikel handel spesifiek oor die Elandsrivier wat in Noordwes vloei. Vir ander riviere met dieselfde naam, sien Elandsrivier (meersinnig)

Die ElandsrivierKaart van die Elandsrivier op Geonames.org (cc-by); databasis afgelaai op 2017-02-28 is 'n takrivier van die Krokodilrivier in Noordwes in Suid-Afrika. Dit vloei in die opvanggebied van die Limpoporivier.

Oorsprong en roete

Die Elandsrivier se oorsprong is wes van Koster in Noordwes, en loop noordwaarts deur die dorp Swartruggens in die Lindleyspoortdam in. 'n Paar kilometer stroomaf van die damwal, swenk dit ooswaarts van Silwerkrans en vloei vir etlike kilometer in 'n oos-noordoostelike rigting deur die veld. Verder oos vloei dit reg suid van die Pilanesberg, skaars 1,5 km van die buitenste omtrek van die antieke kraterformasie af.

Die Elands vloei hierna ooswaarts tot in die Vaalkopdam. Uiteindelik ongeveer 5 km stroomaf van die dam, sluit dit by die Krokodilrivier se linkeroewer aan. Die belangrikste sytakke van die Elands is die Kosterrivier, Selonsrivier en Hexrivier, met laasgenoemde wat by sy regteroewer by die Vaalkopreservoir aansluit.

Monding 5 km stroomaf van die Vaalkopdam by

Mynbou Daar is bedrywige platinummynbou, insluitend vir verwante elemente soos palladium, rodium, ruthenium, iridium en osmium, in die Elandsrivierkom, sowel as die goud, nikkel en koper wat in die erts teenwoordig is. Die enigste groot stad in die omgewing is Rustenburg. Sun City is tussen die Elandsrivier en die Pilanesberg geleë.

Sytakke Brakspruit naby Swartruggens Hexrivier naby Rustenburg

Verwysings

Kategorie:Limpoporiviersytakke Kategorie:Riviere in Noordwes Kategorie:Krokodilrivier (Limpopo)