duimnael|regs|300px|Die ou Kaappuntvuurtoring

Die ou Kaappunt-vuurtoring by Kaap Maclear is een van twee vuurtorings by Kaappunt in die Kaap van Goeie Hoop-natuurreservaat op die suidelike punt van die Kaapse Skiereiland. Dit is 'n 8 m (27 voet) hoë silindriese gietystertoring en is sedert 1919 onaktief. Die boonste helfte van die vuurtoring is wit geverf en die onderste helfte swart; die lantern is wit met 'n rooi koepel.The Lighthouse Directory – Lighthouses of Western South Africa, besoek op 25 Mei 2012

Geskiedenis Die ou toring is op 1 Mei 1860 opgerig. Die toring, met 'n fokale vlak van 249 m (816 voet) bo seevlak, was egter te hoog en gereeld in die mis waar dit nie deur skepe gesien kon word nie. Nadat die Portugese skip Lusitania op 18 April 1911 gestrand het, is besluit om 'n nuwe toring op te rig.SA-Venues – Cape Point, Atlantic Seaboard, besoek op 25 Mei 2012 'n Nuwe toring, met 'n fokale vlak van 87 m (285 voet) bo seevlak, is toe opgerig om die ou toring te vervang en in 1919 in gebruik geneem.

Vandag Die oorspronklike ou vuurtoring by Kaap Maclear bestaan steeds en is vandag 'n toeristeaantreklikheid asook die sentrale moniteringspunt vir alle vuurtorings in Suid-Afrika.About Cape Point, South Africa , besoek op 25 Mei 2012 Toegang tot hierdie historiese gebou is deur middel van die Vlieënde Hollander-kabelbaan wat besoekers van die laer stasie op 127 meter bo seevlak vervoer na die boonste stasie, 286 meter bo seevlak.

Verwysings

Kategorie:Vuurtorings van Suid-Afrika