duimnael|regs|200px|'n Poskaart wat die Mouillepunt-vuurtoring uitbeeld Die Mouillepunt-vuurtoring was 'n vuurtoring in Mouillepunt in Kaapstad, Suid-Afrika, wat in 1842 gebou en in 1908 gesloop is. Dit was aan die noordoostelike kant van Tafelbaai in Grangerbaai geleë. Die gevaarlike rotse by Mouillepunt het dit genoodsaak.

Dit was die tweede vuurtoring wat in Suid-Afrika gebou is naas die Groenpunt-vuurtoring (1824). Dit was 'n ronde steentoring, omtrent 11 meter hoog. Die fondament kan nog gesien word voor die hotelskool van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie.Lighthouse Depot , Mouille Point Light , besoek op 21 Desember 2006

Verwysings

Sien ook Ligtoring Vuurtorings van Suid-Afrika Groenpunt-vuurtoring

Bron Die Burger, 13 April 2024 KENNIS, 1980, vol 5, bl. 878-879,

Kategorie:Vuurtorings van Suid-Afrika