duimnael|regs|Die Robbeneiland-vuurtoring. duimnael|regs|Kaart van Robbeneiland wat ook die ligging van die vuurtoring aandui.
Die Robbeneiland-vuurtoring is 'n vuurtoring op Robbeneiland in Tafelbaai naby Kaapstad.
Geskiedenis Dit is in Januarie 1865 voltooi en is op die hoogste deel van Robbeneiland, Mintoheuwel, geleë. Voor die oprigting van die vuurtoring is vure op die heuwel gemaak om seevaarders teen die eiland se ligging te waarsku en die heuwel het dan ook as Vuurberg bekend gestaan.Voetspore op die Strand, Dag Vyf en veertig , besoek op 21 Desember 2006
Die eerste navigasielig (Nederlands: "‘vuyrbaecken") suid van die ewenaar was ook die eerste poging tot 'n vuurtoring in Suid-Afrika. Dit was eintlik maar net 'n houtstellasie waarop brandende pikringe snags geplaas is. Omdat pikringe onekonomies was is daar oorgeslaan na houtvure en later steenkool. In die 18de eeu is waskerse gebruik.
Die eerste werklike vuurtoring in Suid-Afrika is die nag van 12 April 1824 in werking gestel. Dit was by Groenpunt in Tafelbaai. Die lamp van hierdie vuurtoring het met walvisolie gebrand.
Flitsende vuurtoring Die vuurtoring wat in 1865 opgerig is, is die enigste vuurtoring in Suid-Afrika wat flits en nie draai nie. Die vuurtoring is 18 meter hoog en is in 1938 geëlektrifiseer. Die lig kan 25 kilometer ver gesien word.African History, Robben Island Prison Museum: Lighthouse, besoek op 21 Desember 2006
Verwysings
Sien ook Groenpunt-vuurtoring Vuurtorings van Suid-Afrika Vuurtoring
Bron KENNIS, 1980, vol 5, bl. 878-879,
Kategorie:Vuurtorings van Suid-Afrika
en:Robben Island#Robben Island lighthouse