duimnael|regs|300px|Die Groenpunt-vuurtoring
Die Groenpunt-vuurtoring is 'n rooi-en-wit geverfde vuurtoring op die noordwestelike punt van Tafelbaai in Mouillepunt, Kaapstad.
Geskiedenis Dit is die oudste vuurtoring in Suid-Afrika en is deur die Duitsgebore argitek Herman Schutte ontwerp en in 1823, teen 'n koste van £5 420 pond, voltooi en op 12 April 1824 in gebruik geneem.Voetspore op die Strand, Dag Vyf en veertig , besoek op 21 Desember 2006 Die lamp van die toring het met walvisolie gebrand.Kennis, 1980, vol 5, bl. 878-879,
In 1926 is dit met 'n mishoring toegerus en twee jaar later is dit geëlektrifiseer.
Die rotsagtige Mouillepunt staan reeds eeue lank onder seevaarders bekend as een van die gevaarlikste punte aan die Kaap. Die laaste in 'n lang lys skepe wat hier gestrand het, is die Seafarer, wat in 1967 op die rotse geloop het. Wanneer die vuurtoring met mis omhul word, soos dikwels in die winter gebeur, waarsku die mishoring se klank skepe kilometers ver.
Veeldoelig Die Groenpunt-vuurtoring is gebruik om die eerste vuurtoringwagters in Suid-Afrika op te lei. Dit word vandag nog as 'n konferensiebestemming gebruik. Dit word ook uitverhuur vir huweliksonthale.Kap.event, http://www.capetown-wedding.com/lighthouse.html Location: Lighthouse, besoek op 21 Desember 2006
Kulturele erfenis Die vuurtoring is op 12 Januarie 1973 deur Johannes Petrus van der Spuy, Minister van Nasionale Onderwys, as 'n nasionale monument verklaar en word beskerm as 'n provinsiale erfenisterrein ingevolge die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (25/1999).Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap – Item: 13045 , besoek op 21 Mei 2012
Sien ook Vuurtoring Robbeneiland-vuurtoring Vuurtorings van Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Erfenishulpbronne in Suid-Afrika Kategorie:Vuurtorings van Suid-Afrika