New Hanover is 'n klein dorpie in die KwaZulu-Natalmiddellande, Suid-Afrika. Dit is omtrent halfpad tussen Pietermaritzburg en Greytown geleë.
Geskiedenis New Hanover is in die 1850's deur Duitse katoenboere gestig. Die dorp is na Hannover in Duitsland vernoem. Duits word nog baie gepraat in die distrik. Die spoorlyn het die dorp in 1899 bereik.
Vandag is die hoof ekonomiese produk suikerriet gevolg deur vrugte, graan en bosbou. Dit is naby ander nedersettings met 'n Duitse oorsprong soos Wartburg, Kirchdorf, Lillienthal, Schroeders en Hermannsburg.
Distrik Die distrik is 1 400 km2 groot. Daar is verskeie watervalle in die omgewing. Suikerriet en swartwattel is die belangrikste produkte van die distrik. Die Albert Falls-dam en natuurreservaat is 25 km suidwes van die dorp.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bronne
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal