Jason Russell (gebore 12 Oktober 1978) is 'n Amerikaanse akteur, regisseur, en skrywer. Hy is die regisseur van Kony 2012, 'n kort dokumentêre film wat begin Maart 2012 viraal op die Internet versprei het. In die eerste twee weke het dit meer as 83 miljoen keer op YouTube gekyk en die onderwerp van media-ondersoek en kritiek geword. Die onderwerp daarvan is die Ugandese rebelleleier Joseph Kony, sy vermeende oorlogsmisdade, en die beweging om hom na die Internasionale Strafhof te bring.

Filmografie Rolprente 2006: Invisible Children 2006: Emmy: The Story of an Orphan 2012ː Kony 2012

Televisiereekse 2011: Roadworthy: The Invisible Children Tour

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1978 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu