Homer Jay Simpson is 'n geanimeerde tekenprentkarakter in die televisiereeks The Simpsons. Hy is getroud met Marge en pa van Bart, Lisa en Maggie Simpson. Hy is genoem na Matt Groening, die skepper van die program, se pa, Homer Groening. Hy word uitgebeeld as 'n lui, eetlustige en nie baie skerp karakter. Homer het een van die Verenigde State se TV-ikone geword. Sy stem word vertolk deur Dan Castellaneta. Homer verteenwoordig die negatiewe aspekte van die Amerikaanse werkersklas.

Bronne

Planet Simpson: How a Cartoon Masterpiece Documented an Era and Defined a Generation deur Chris Turner. .

Eksterne skakels Homer Simpson in die Internet-rolprentdatabasis Biografie vanaf die amptelike Simpsons-webwerf

Kategorie:Televisiekarakters