Bartholomew JoJo "Bart" Simpson (uitgespreek "Baart") (10 jaar oud) is 'n geanimeerde tekenprentkarakter in die televisiereeks The Simpsons. Hy is die oudste kind en enigste seun van Homer en Marge Simpson en broer van Lisa en Maggie. Bart is een van die mees bekende tekenprentkarakters ter wêreld. In teenstelling met die ander The Simpsons-familielede is Bart nie na een van Matt Groening, die skepper van die program, se familielede genoem nie. Sy naam is egter 'n anagram, afgelei van brat.
Bronne
Planet Simpson: How a Cartoon Masterpiece Documented an Era and Defined a Generation deur Chris Turner. .
Eksterne skakels Bart Simpson in die Internet-rolprentdatabasis Biografie vanaf die amptelike Simpsons-webwerf
Kategorie:Televisiekarakters