Marjorie Jacqueline "Marge" Simpson (néé Bouvier) (ongeveer 34 jaar oud) is 'n geanimeerde tekenprentkarakter in die televisiereeks The Simpsons. Sy word gespeel deur Julie Kavner. Sy is die geduldige vrou van Homer Simpson en ma van Bart, Lisa en Maggie. Marge kan uitgeken word deur haar blou hare. Sy is genoem na Matt Groening, die skepper van die program, se ma, Marge Groening. Marge verteenwoordig 'n stereotipiese 1950-huisvrou.

Bronne

Planet Simpson: How a Cartoon Masterpiece Documented an Era and Defined a Generation deur Chris Turner. .

Eksterne skakels Marge Simpson in die Internet-rolprentdatabasis Biografie vanaf die amptelike Simpsons-webwerf

Kategorie:Televisiekarakters