Die jaar 1664 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 64ste jaar van die 17de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

Gebeure 14 Januarie – Pous Alexander VII stel twaalf nuwe kardinale aan, waaronder Girolamo Boncompagni, aartsbiskop van Bologna. 22 Februarie – Pous Alexander VII en die Franse koning Lodewyk XIV sluit die verdrag van Pisa. 12 Maart – New Jersey word 'n kolonie van die Brittanje. 2 Julie – Slag van Marston Moor: Die koningsgesindes verloor teen die magte van die parlement. 1 Augustus – Die Slag van Szentgotthárd vind plaas. Britse troepe verower Nieu-Amsterdam, die huidige New York. Die Tweede Engels-Nederlandse Oorlog begin.

Geboortes 6 Februarie – Mustafa II, sultan van die Ottomaanse Ryk († 1703). 3 Junie – Rachel Ruysch, 'n Nederlandse stillewe- skilder († 1750) 24 Augustus – Willem Adriaan van der Stel, goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop († 1733).

Sterftes 27 Augustus – Francisco de Zurbarán, Spaanse skilder (* 1598). 2 November – Maria van Riebeeck, vrou van Jan van Riebeeck (* 1629).

Kategorie:17de eeu