Die jaar 1667 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 67ste jaar van die 17de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure 7 Maart – Pous Alexander VII stel vier nuwe kardinale aan, waaronder Louis de Vendôme. 20 Junie – Pous Clemens IX volg Pous Alexander VII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 26 Junie – Pous Clemens IX word gekroon deur kardinaal Rinaldo d'Este. 12 Desember – Pous Clemens IX stel drie nuwe kardinale aan waaronder sy neef Giacomo Rospigliosi.
Meteorologie Robert Hooke bou die anemometer vir die meet van windspoed. Boereopstand in Rusland
Geboortes 30 November – Jonathan Swift, Anglo-Ierse satirikus, essayis, politiese pamfletmaker († 1745) Onbekend – Lodewyk van der Stel, seun van Simon van der Stel en kassier van die Kaap van Goeie Hoop († 1694) Onbekend – Mageba kaGumede, 'n vroeë leier van die Zoeloes in Suid-Afrika († 1745)
Sterftes 15 Februarie – Petrus Wachtendorp, die derde predikant in Suid-Afrika (* circa 1629) 22 Mei – Pous Alexander VII, die 237ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1599) 5 Junie – Grégoire de Saint-Vincent, Jesuïet en wiskundige wat die Mercatorreeks ontdek het († 1584)
Kategorie:17de eeu