Die jaar 1672 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 72ste jaar van die 17de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure 13 Januarie – Pous Clemens X reguleer die hantering van relikwieë. 22 Februarie – Pous Clemens X stel twee nuwe kardinale aan waaronder Vincenzo Maria Orsini (later Pous Benedictus XIII). 1 Mei – Pous Pius V word salig verklaar deur Pous Clemens X. 16 Mei – Vincenzo Maria Orsini (Later Pous Benedictus XIII) word kardinaal-priester van S. Sisto. 18 Mei – Pous Clemens X verklaar Jacobus (James) Blanconibus van Mevania salig. 16 Oktober – Pous Clemens X laat die studente van die Duitse Kollege sweer dat hulle na Duitsland sal terugkeer nadat hulle studies afgehandel is. 23 Desember – Giovanni Cassini ontdek met Rea die tweede grootste maan van die planeet Saturnus. Onbekend – Die Frans-Nederlandse Oorlog breek uit, en loop uit op die rampjaar.
Geboortes 9 Junie – Tsaar Pieter die Grote van Rusland († 1725 ). 1 November – Guillaume Chenu de Chalezac, Franse avonturier († 1731 ).
Sterftes 11 Februarie – Patriarg Joasaf II van Moskou, die sewende Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland (* onbekend) 6 November – Heinrich Schütz, Duitse komponis en orrelis (* 1585) 16 November – Franciscus de le Boë Sylvius, Nederlandse arts, anatoom en chemikus (* 1614)
Kategorie:17de eeu