Die jaar 1665 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 65ste jaar van die 17de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

Gebeure 6 Maart – Die eerste uitgawe van die Philosophical Transactions of the Royal Society verskyn. 19 April – Pous Alexander VII verklaar Franciscus van Sales heilig. 18 Augustus – Die eerste Nederduitse Gereformeerde gemeente in Suid-Afrika gestig (1665) met die landing van ds. Johannes van Arckel as eerste leraar van die NG gemeente Kaapstad. 16 Oktober – Pous Alexander VII publiseer die bul Ad Sacram waarin die Janseniste weer veroordeel word. 10 Desember – Die Korps Mariniers opgerig in Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande. Die Groot Pes van Londen breek uit.

Geboortes Paul Roux – Gebore in Orange, Frankryk word aangestel as die eerste onderwyser van die nuwe skool in Drakenstein op 8 November 1688. 6 Februarie – Anna, koningin van Engeland, Ierland en Skotland († 1714).

Sterftes 12 Januarie – Pierre de Fermat, Franse Wiskundige (* 1601 of 1606/7).

Kategorie:17de eeu