duimnael|180px|Koning Jigme Khesar Namgyel Wangchuck met ’n saffraankleurige kabney. duimnael|220px|’n Gho met ’n oranje kabney.

’n Kabney (Dzongkha: བཀབ་ནེ་; Wylie: bkab-ne) is ’n syserp wat in Bhoetan gedra word as deel van die tradisionele manlike kostuum, die gho.Gyurme Dorje. Footprint Bhutan. Footprint, . . Section "National dress", p 261 Dit is van rou sy, gewoonlik 90 x 300 cm groot. Dit word gedra oor die tradisionele kleed, van die linkerskouer tot die regterheup, tydens spesiale geleenthede of op besoek aan ’n dzong. ’n Kabney word ook ’n bura genoem, wat sy beteken.

Die kabney en gho word gedra as deel van die driglam namzha (of driklam namzhak), die amptelike gedrags-en-klerekode van Bhoetan. Die gho is verpligtend vir skoolseuns en regeringsamptenare.Kabney & Patang; from the blog "Bhutan Land Of The Thunder Dragon" by Yeshey Dorji Vroue se tradisionele rok word die kira genoem. ’n Rachu word oor die kira gedra.Bhutan Majestic Travel

Die rang van die persoon wat die kabney dra, bepaal watter kleur die serp is:Kabney colour mania ; bhutanobserver.bt, August 19, 2011The Symbolism of Kabney and Rachu in Bhutan; blog "Asian University For Women Academic Reading/Writing 2011" Bhutanese Society and Dress ; Bhutan Life Exposure Tours & Treks Saffraangeel vir die Druk Gyalpo (koning) en die Je Khenpo (hoof-ab). Oranje vir ministers en ander lede van die regering. Rooi vir manlike lede van die Huis van Wangchuck en vir hoër amptenare. Groen vir regters. Blou vir lede van die nasionale vergadering en parlement.Blue Kabney (Scarf) for members of parliament ; bhutanmajestictravel.com Wit vir gewone burgers.Time for the white kabney ; bhutanobserver.bt, 3 Mei 2013

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Kleding Kategorie:Kultuur in Bhoetan