duimnael|Die Je Khenpo in 2010 by Punakha-dzong.
Je Khenpo (Dzongkha: རྗེ་མཁན་པོ་, Wylie: Rje Mkhan-po) is die titel van die senior godsdiensleier van Bhoetan, die hoof-ab van die land se sentrale kloosterliggaam. Hy word ondersteun deur vyf Lopen Rinpoches ("geleerde meesters").
Die Je Khenpo is ook amptelik die hoof van die suidelike tak van die Drukpa Kagyu-sekte, wat deel is van die Kagyu-tradisie van Himalaja-Boeddhisme. Net hy en die koning van die land (Druk Gyalpo) mag ’n saffraangeel kabney dra.
Geskiedenis Die Je Khenpo is reeds sedert die 17de eeu in beheer van die land se godsdienssake. Voor die stigting van die monargie het die Druk Desi die administratiewe sy van die land se dubbele regeringstelsel bestuur en die Je Khenpo die godsdienssake. Albei afdelings het geval onder die oorhoofse leier, die Shabdrung Rinpoche.
Sien ook Shabdrung Rinpoche
Verwysings
Kategorie:Boeddhisme Kategorie:Geskiedenis van Bhoetan