Macaulay Culkin (gebore 26 Augustus 1980) is 'n Amerikaanse akteur, regisseur, vervaardiger en musikant. Hy het sy loopbaan as 'n kinderakteur begin. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Home Alone (1990), My Girl (1991), Home Alone 2: Lost in New York (1992), en The Good Son (1993).
Hy het opgehou om op te tree in 1994 en het sy terugkeer in 2003 gemaak met 'n rol op die televisieprogram Will and Grace en in die film Party Monster (2003). Hy het 'n outobiografiese boek geskryf, Junior, wat gepubliseer was in 2006.
Vroeë lewe 175px|regs|duimnael|Culkin in 1991. Macaulay Carson Culkin was gebore in New York Stad. Sy pa, Kit Culkin, is 'n voormalige akteur wat bekend is vir sy produksies op Broadway en is die broer van aktrise Bonnie Bedelia. Sy ma is Patricia Brentrup, wat nooit met Culkin getroud was nie.
Culkin was die derde van sewe kinders, vyf seuns en twee meisies: Shane (gebore 1976), Dakota (1979–2008), Kieran Culkin (gebore 1982), Quinn (gebore 1984), Christian (gebore 1987), en Rory Culkin (gebore 1989). Gedurende Culkin se vroeë kinderjare het die familie in 'n klein woonstel gewoon.
Loopbaan Culkin het op vierjarige ouderdom begin optree. Culkin het bekend geword met sy hoofrol van Kevin McCallister in die Kersfees-film Home Alone.
Persoonlike lewe Op 17 September 17, was Culkin in Oklahoma City gearresteer vir die besit van 17.3 g van dagga, en twee beheerde middels. waarvoor hy kort tronkstraf gehad het, en op 'n VS$ 4,000 borgtog vrygelaat.
Filmografie Rolprente 1989: Uncle Buck 1990: Home Alone 1991: My Girl 1992: Home Alone 2: Lost in New York 1993: The Good Son 1994: Getting Even with Dad 1994: The Pagemaster 1994: Ri¢hie Ri¢h 2002: The Making and Meaning of 'We Are Family 2003: Party Monster 2004: Saved! 2004: Jerusalemski sindrom 2007: Sex and Breakfast Changeland
Televisiereekse 1991: Wish Kid 2004: The Graham Norton Effect 2015: :Dryvrs
Televisierolprente 1989: ''The Making of 'Uncle Buck 1991: Bob Hope's Cross-Country Christmas 1992: The Making of Home Alone 2: Lost in New York 2000: The Evening Standard Theatre Awards 2000 2003: Michael Jackson's Private Home Movies 2004: Foster Hall Video's 1991: Michael Jackson: Black or White 1991: My Girl: A Day on Set - First Kiss 1991: My Girl: A Day on Set - Bingo! 1991: My Girl: Behind the Scenes of My Girl 1993: Dangerous: The Short Films 1993: The Making of 'The Good Son' 1998: Sonic Youth: Sunday 2006: Mac Cam: Behind the Scenes with Macaulay Culkin 2006: The Making of 'Home Alone'''
Verwysings
Eksterne skakels
Macaulay Culkin by Box Office Mojo
Kategorie:Geboortes in 1980 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse musici Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu