Die Druk Gyalpo (འབྲུག་རྒྱལ་པོ་; "Draakkoning"), of koning van Bhoetan, is die staatshoof van die Koninkryk Bhoetan. In die taal Dzongkha is Bhoetan bekend as Drukyul, "die Land van Drake". Die mense noem hulself die Drukpa, "Draakvolk", en hul heerser die Druk Gyalpo ("Draakkoning ").

Die huidige heerser van Bhoetan is Jigme Khesar Namgyel Wangchuck, die vyfde Druk Gyalpo. Hy dra die Raafkroon, die konings se amptelike kroon. Hy word amptelik genoem Mi'wang 'Ngada Rimboche ("Sy Majesteit") en aangespreek as 'Ngada Rimboche ("U Majesteit").

Koning Jigme Khesar het die troon op 6 November 2008 bestyg nadat sy pa, Jigme Singye Wangchuck, geabdikeer het. Hy was toe, op 28, die jongste koning in die wêreld.

Lys van konings Die Draakkonings van Bhoetan, ’n erflike titel, is:

Ugyen Wangchuck (1ste Druk Gyalpo) Jigme Wangchuck (2de Druk Gyalpo) Jigme Dorji Wangchuck (3de Druk Gyalpo) Jigme Singye Wangchuck (4de Druk Gyalpo) Jigme Khesar Namgyel Wangchuck (5de Druk Gyalpo)

Sien ook Huis van Wangchuck

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia