Austin Butler (gebore 17 Augustus 1991) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprent Aliens in the Attic (2009) en in die televisiereekse Ruby & the Rockits (2009), Arrow (2012), en The Shannara Chronicles (2016).

Butler het groter bekendheid gekry vir sy uitbeelding van Elvis Presley in Baz Luhrmann se Elvis (2022), waarvoor hy 'n Golden Globe en BAFTA Toekenning gewen het, en is ook genomineer vir die Academy Award for Best Actor. Time tydskrif het hom as een van die 100 mees invloedryke mense in die wêreld in 2023 genoem. Hy speel sedertdien as Gale Cleven in die oorlogdrama minireeks Masters of the Air (2024) en as Feyd-Rautha Harkonnen in die wetenskapfiksie film Dune: Part Two (2024).

Filmografie Rolprente 2009: Aliens in the Attic 2015: The Intruders 2019: Once Upon a Time in Hollywood 2019: The Dead Don't Die 2022: Elvis 2023: The Bikeriders 2024: Dune: Part Two

Televisiereekse 2009: Ruby & the Rockits 2012: Arrow 2013: The Carrie Diaries 2016: The Shannara Chronicles 2018: Tell Me a Story 2024: Masters of the Air

Televisierolprente 2010: Betwixt 2010: 7 Secrets with Miranda Cosgrove 2011: The Bling Ring 2012: Intercept

Video's 2009: Aliens in the Attic: Lights, Camera, Aliens 2009: Aliens in the Attic: Meet the Zirkonians 2009: Aliens in the Attic: The Ashley Encounters 2011: Sharpay's Fabulous Adventure

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1991 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu