Die eMlambeni is 'n linkertakrivier van die Krokodilrivier in Mpumalangaprovinsie van Suid-Afrika. Dit vloei suidooswaarts deur die Krugerwildtuin totdat dit 7 km direk oos van die Afsaal-piekniekplek by die Krokodilrivier aansluit. Die naam is afgelei van die Swaziwoord “Umlambongwane”, wat “riviertjie” beteken.Van der Wateren, Floors: Pocket Guide to the Placenames of the Kruger National Park, item 45, April 2018

Die Mbiyamitirivier, met sy groter opvanggebied, sluit ongeveer 20 kilometer stroomaf ook by die Krokodil aan.

Verwysings

eMlambenirivier eMlambenirivier Kategorie:Krugerwildtuin