Die Sentinelese (ook genoem die Sentineli of Noord-Sentineleilanders) is die inheemse volk van Noord-Sentineleiland in die Andaman-eilande van Indië. Hulle beveg enige kontak met die buitewêreld en is ’n geïsoleerde volk, hoewel daar al beperkte kontak met hulle was.
Die bevolking word geraam op 15 tot 500. In 2001 het amptenare van die Sensus van Indië 21 mans en 18 vroue aangeteken. Dié opname is van ’n afstand gedoen en is dalk nie ’n akkurate weergawe van die eiland van 59,67 km2 se bevolking nie.http://ls1.and.nic.in/doef/WebPages/ForestStatistics2013.pdf In die 2011-sensus is 12 mans en drie vroue getel. Die gevolge van die aardbewing en daaropvolgende tsoenami in 2004 in die Indiese Oseaan is onbekend, behalwe bevestiging dat hulle die onmiddellike gevolge oorleef het.
Die Oostenrykse skrywer Heinrich Harrer het een man beskryf as sowat 1,6 m lank en oënskynlik linkshandig.
Kultuur Die Sentinelese is ’n jagter-versamelaarvolk wat leef van jag, hengel en die bymekaarmaak van wilde plante. Daar is geen getuienis van landbou of die maak van vuur nie. Hul taal, wat Sentinelees genoem word, is ongeklassifiseer en kan nie deur hul Jarawasprekende naaste bure verstaan word nie.
Dit lyk of gevorderde metaalwerk onbekend is. Daar is egter al gesien dat hulle gebruik maak van metaalvoorwerpe wat op hul eiland uitgespoel of daar gelaat is.Master Plan 1991–2021 for Welfare of Primitive Tribes of Andaman and Nicobar Islands, Sec. II Ch. 21. Dept. of Tribal Welfare, Andaman and Nicobar Islands Administration; as reproduced in Andaman Book Hulle kan yster skerpmaak en dit in hul wapens en ander voorwerpe gebruik.
Verwysings
Eksterne skakels Video van vriendelike kontak met die Sentinelese, YouTube.com 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Inheemse volke van Indië Kategorie:Etniese groepe in Indië Kategorie:Geïsoleerde volke