Die Hoogduitse tale of Hoogduitse dialekte (Duits: Hochdeutsch) is enige van die spreekvorme van Standaard Duits, Luxemburgs en Jiddisj sowel as die plaaslike Duitse dialekte wat in sentraal en suidelike Duitsland, in Oostenryk, in Liechtenstein, in Switserland, in Luxemburg en in naburige dele van België, Frankryk (Elsas en noordelike Lotaringe), Italië en Pole gepraat word. Dit word ook in voormalige koloniale nedersettings soos byvoorbeeld in Roemenië (Transsilvanië), Rusland, Verenigde State en Namibië gepraat.
"Hoog" verwys na die bergagtige dele van sentraal en suidelike Duitsland en die Alpe, teenoor Nederduits wat 'n die plat kusgebiede van die noorde gepraat word. Hoogduits kan onderverdeel word in Opperduits en Middelduits (Oberdeutsch, Mitteldeutsch).
Die Duitse term Hochdeutsch word ook losweg gebruik, maar nie deur taalkundiges nie, om na standaard geskrewe Duits te verwys in teenstelling met die dialekte, omdat die standaard taal uit Hoogduits eerder as Nederduits ontwikkel het.
Geskiedenis Hoogduits soos in suidelike Duitsland, Beiere en Oostenryk gepraat was 'n belangrike basis vir die ontwikkeling van Standaardduits.
Die historiese vorms van die taal is Oud-Hoogduits en Middel-Hoogduits.
Klassifikasie Hoogduits word van ander Wes-Germaanse varieëteite onderskei deur die deelname daarvan in die Tweede Germaanse klankverskuiwing (c. n.C 500).
Om dit waar te neem, vergelyk Duits Pfanne met Afrikaans en Engels pan ( na ), Duits zwei met Afrikaans twee en Engels two ( na ), Duits machen met Afrikaans maak en Engels make ( na ).
In die Hoogalemanniese dialekte is daar 'n verdere verskuiwing; Sack (soos Engels "sack") word uitgespreek as ( to ).
Stamboom duimnael|Kaart wat die verspreiding van Opperduits (groen), Middelduits (blou) en Nederduits (geel) aandui. Die hoofisoglosse, die Benrath- en Speyerlyne, word in swart aangedui duimnael|Die hedendaagse verspreiding van vastelandse Hoog-Duitse tale: Let daarop dat die skeiding tussen subfamilies van Germaans meestal nie presies gedefinieer kan word nie; meeste vorm kontinue gradiënte, met naburige dialekte wat onderling verstaanbaar is en die wat verder van mekaar is nie. In besonder was daar nooit 'n oorspronklike "Proto-Hoogduits" nie. Om die en ander redes is die ideë om die verwantskap tussen die Wes-Germaanse taalvorms enigsins in 'n boom diagram voor te stel onder taalkundiges omstrede; die onderstaande verdeling moet dus met die voorbehoud gelees word: Middelduits (Duits: Mitteldeutsch) Oos-Middelduits Thürings Hoogsaksisch Nordobersächsisch-Südmärkisch Nordobersächsisch Silesiese Duits (meestal in Neder-Silesië, in Pole) Hoogpruisisch Wes-Middelduits Middel-Frankies Ripuaries Moesel-Frankies, insluitend die Luxemburgs Rynse-Frankies Lotharings Frankies (Frankryk) Palties Nordhessisch Oosthessisch Middelhessisch Transsilvanies-Saksiese (in Transsilvanië) Pennsilvaniese Duits ("Deitsch", in die Verenigde State en Kanada) Oorgangsgebiede tussen Middelduits en Opperduits Oos-Frankiese Duits Suid-Frankiese Duits Opperduits (Duits: Oberdeutsch) Alemannies Swabies Neder-Alemannies (insluitend Switserse Duitse dialek: Baselduits) Middelalemannisch Elsassiese Duits Hoogalemannies (insluitend baie Switserse Duitse dialekte) Hoogste-Alemanniese (insluitend Switserse Duitse dialekte) Oostenryks-Beiers (Vir die gebruik van dialekte en Standaardduits in Oostenryk sien Oostenrykse taal) Noordelike Oostenryks-Beiers (gepraat in Opper-Palts) Middel-Oostenryks-Beiers (sluit in die dialekte van Opper-Beiere, Neder-Beiere, Opper-Oostenryk, Neder-Oostenryk en Wene — sien Weense taal) Suidelike Oostenryks-Beiers (sluit in die dialekte van Tirool, Karinthië en Stiermarke) Kimbries (noordoostelike Italië) Mócheno (Trentino, in Italië) Hutteriese Duits (Duits: Hutterisch) in Kanada en die Verenigde State Jiddisj Westelike Jiddisj (Duitsland, Frankryk) Oostelike Jiddisj Noordoostelike Jiddisj (Litaue, Letland, Wit-Rusland, Rusland, noordoostelike Pole) Middel Jiddisj (Pole, Galicië) Suidoostelike Jiddisj (Oekraïne, Bessarabië, Roemenië)
Eksterne skakels
Hedendaagse Duitse dialekte
Kategorie:Taalfamilies