Montenegro (Montenegryns, Bosnies, Serwies, Kroaties: Crna Gora / Црна Гора, uitgespreek: , , letterlik: "Swart Berg"; Albanees: Mali i Zi) is 'n land geleë in Suidoos-Europa en op die Balkanskiereiland. Dit het 'n kus aan die Adriatiese See in die suide en begrens Kroasië in die weste, Bosnië en Herzegowina in die noordweste, Serwië in die noordooste en Albanië in die suidooste. Die hoofstad en grootste is Podgorica en Cetinje word in die grondwet as ou koninklike hoofstad (Prijestonica / Приjестоница) erken. Dit is 'n voormalige deelrepubliek van Joego-Slawië.

duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van Montenegro duimnael|links|Kaart van Montenegro Nadat dit van die laat Middeleeue tot 1918 onafhanklik was, word die land later deel van die verskeie weergawes van Joego-Slawië en die staat-unie van Serwië en Montenegro. Op grond van die uitslag van 'n referendum gehou op 21 Mei 2006 verklaar Montenegro op 3 Junie 2006 sy onafhanklikheid. Op 28 Junie 2006 word Montenegro die 192ste lidland van die Verenigde Nasies. Op 5 Junie 2017 het Montenegro die 29ste lidland van NAVO geword. Montenegro is een van die Balkan-kandidaatlande vir aansluiting by die Europese Unie.

Naam Montenegro se plaaslike naam, Crna Gora, is vir die eerste keer genoem in 'n oktrooi van die Sint Nicholaas-klooster (Vranjina) wat deur die Serwiese koning Milutin in 1296 uitgevaardig is en letterlik vertaal kan word in "swart berg", 'n verwysing na die donker woude wat eens op 'n tyd die hange van die Dinariese Alpe bedek het soos van die kus af gesien. Die land se naam in die meeste Wes-Europese tale dui op die aanneming van die Venesiaanse term vec|monte negro, wat ook "swart berg" beteken, wat waarskynlik terug dateer tot die era van die Venesiaanse heerskappy oor die gebied in die Middeleeue. Ander tale, veral die wat nabygeleë is, gebruik hulle eie direkte vertaling van die term, byvoorbeeld Albanees: Mali i Zi, Bulgaars: Черна гора; Roemeens: Muntenegru, Grieks: Μαυροβούνιο en Turks: Karadağ; "swart berge" van verder weg sluit in Russies: Черногория en Chinees: 黑山 (pinyin: "hēishān"die letterlike vertaling word op die vasteland van die Volksrepubliek China en in Hongkong gebruik; Taiwannese Mandaryns gebruik 蒙特內哥羅 "méngtènèigēluó", 'n fonetiese transkripsie van "Montenegro").

Verwysings

Bronnelys Algemeen

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Montenegrynse regering