Slaapversteurings word verdeel in dissomnias en parasomnias.

Dissomnias Dissomnias is toestande gekenmerk deur versteuring in die aanvang of instandhouding van slaap of oormatige slaperigheid. Dit word as volg onderverdeel:

Slapeloosheid Hipersomnia Narkolepsie Asemhalingverwante slaapversteuring Sirkadieseritmeversteuring Ongespesifiseerde dissomnia

Parasomnias Parasomnias word gekenmerk deur abnormale gedrag of fisiologiese gebeurtenisse wat verband hou met slaap, spesifieke slaapstadia, of die oorgang tussen slaap en ontwaking. Dit word as volg onderverdeel:

Nagmerrieversteuring Slaapangsversteuring Slaapwandelversteuring Ongespesifiseerde parasomnia

Kyk ook Psigopatologie Sielkunde

Bronne Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders. (4de uitg.) American Psychiatric Association. 1994.

Kategorie:Slaapafwykings