Dricky Beukes (*29 Desember 1918, Prieska – † 9 November 1999, Belville) was 'n Afrikaanse skrywer van romans, kortverhale en radiovervolgverhale.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Sy het meer as honderd Afrikaanse romans geskryfGreeff, Apie. Honderd… nie uit nie. Rooi Rose, 19 Oktober 1983 en hope kortverhale en talle Afrikaanse radiovervolgverhale gelewer, waarvan talle maande lank voortgegaan het, veral op die destydse kommersiële radiosender Springbokradio. 'n Frase wat landwyd bekend geword het, was dié inleiding tot die radiovervolgverhaal Die Indringer: ’n Verhaal wat elke moederhart sal roer.Hoffman, Hoffie: Die Burger. http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1999/11/10/3/34.html
Lewe en werk Hendrika Johanna van Staden is op 29 Desember 1918 in die Noord-Kaap op die plaas Seekoebaard in die distrik Prieska gebore as die jongste van dertien kinders. Haar ma was ’n nooi Visser. Op driejarige ouderdom verhuis die gesin na Karos naby Upington, op die oewers van die Garieprivier in die Noord-Kaap. Sy begin haar skoolopleiding op Karos en sit dit dan voort aan die Hoër Handelskool in die Paarl, waar sy matrikuleer. Na skool slaag sy die Staatsdienseksamen en aanvaar ’n betrekking in die Poskantoor, waarna sy posmeester word op Karos.
Op 4 Julie 1942 trou sy met die onderwyser Abraham Opperman Beukes van Prins Albert, wat later die eerste hoof word van die Laerskool Vredelust in Bellville en self die skrywer is van twee kinderboeke.Remembered: http://remembered.co.za/obituary/view/696 Die egpaar vestig hulle in Bellville en bou later ’n huis in Tygerbergheuwels. Hulle het drie kinders, naamlik ’n seun (Van Staden Beukes) en twee dogters (Brenda en Wilmari). In Bellville word sy redakteur van die koerantjie Die Noordwester. Sy skryf die eerste rubriek vir tieners in Suid-Afrika en lewer vir lank gereelde rubrieke vir Die Taalgenoot onder die titel Langs die spoorstawe. Vir die Oudtshoorn Courant skryf sy ’n rubriek onder die titel My land, my mense en vir ou mense behartig sy die Oom en Tannie Rubriek. Terwyl sy op Leeu-Gamka in die Noordwes-Kaap woonagtig is, reël sy met Pieter de Waal om sy gewilde Koffiehuiskonsert daar aan te bied, waarmee sy genoeg geld insamel om ’n kliniek op die dorp te laat bou. Na aftrede vestig die egpaar hulle teen die hange van Tygerberg in Bellville. Haar man is in Maart 1993 in Durbanville oorlede. Dricky is op 9 November 1999 in Huis André van der Walt in Bellville aan lewerkanker oorlede.Hoffman, Hoffie. Bobaas-storieverteller sterf aan lewerkanker. Die Burger, 10 November 1999
Skryfwerk Reeds as jong kind skryf sy verhaaltjies, wat sy sorgvuldig wegbêre sodat niemand dit kan lees nie. Haar eerste kortverhaal word in Die Huisvrou gepubliseer toe sy maar agtien jaar oud is, terwyl haar eerste roman (Madelief) na die dood van haar moeder in 1945 gepubliseer word. Eindelik skryf sy 110 Afrikaanse romans en vir tydskrifte verskeie vervolgverhale en kortverhale. Van haar tydskrifvervolgverhale word later in boekvorm uitgegee, waaronder Alsace en Lorraine, wat oorspronklik in Die Brandwag verskyn het. Sy is ook bekend vir haar Afrikaanse radiovervolgverhale, waarvan talle vir verskeie maande hoofsaaklik op die destydse Springbokradio uitgesaai is. Veral bekend is Die indringer, wat duisende luisteraars lok, vir ses jaar uitgesaai word en later ook in boekvorm uitgegee word. Ook die motto, “’n verhaal wat elke moederhart sal roer”, en die kenwysie raak baie bekend. Hierdie verhaal is op 16 Mei 1960 vir die eerste keer uitgesaai en word binne ’n jaar die gewildste dagprogram op Springbokradio. Ander radiovervolgverhale is Skaduwees oor Summerdown, Blinkwater, Die geel karavaan en Dokter Karenien. Sy skryf ook die skoollied vir Laerskool Vredelust in Bellville en van haar fotoromans word in Rapport Ekstra gepubliseer. Haar liefdesromans word hoofsaaklik uitgegee as deel van boekklubs se uitgawes.Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Beukes,_Dricky
In Altyd jou eie (1952) smag die verpleegster Nelia na liefde, maar die man wat sy liefhet is nie vir haar beskore nie. Sy veg egter terug na teleurstellings en vind uiteindelik geluk.
Verbode Paradys (1952) is ’n boek van liefde wat soek en paaie wat oor mekaar kruis, van inkeer en erkenning, berou en belydenis, waar gemengde geluk later gesuiwerde geluk word.
Grenslyne (1957) is ’n spanningsverhaal, waar die hoofkarakter romanties deurmekaar raak met ’n skurk. Almal waarsku haar, maar sy volg haar eie kop.
In Gebaande weë (1958) verbreek ds. Ernie Bosman sy verlowing met Hester en trou met ’n ander vrou. Dit laat Hester verbitterd en sy los die onderwys en kwalifiseer as verpleegster. In haar verbittering moet sy nege jaar later vir Maatjie Bosman, Ernie se vrou, verpleeg. Maatjie sterf en Hester wyk uit na die platteland, waar sy in die opregtheid van die omgewing haar bitterheid oorkom.
Die indringer (1964) wat aanvanklik as radiovervolgverhaal bekend raak, se verhaal wentel rondom ’n aangenome kind en die moeder wat haar gaan uitsoek het. So word die belangrike rol wat die pleegmoeder in aangenome of pleegkinders se lewens speel, en die vooroordeel waaraan sulke kinders onderwerp word, belig.
Hanri trou in Duinepad (1967) met Arnoldus, maar toe hulle op die spogplaas Summerdown in Suidwes-Afrika aankom, is dit duidelik dat Arnoldus haar nie alles oor sy verlede vertel het nie. Die wilde Lyda Junius is duidelik ontstig oor haar huwelik met Arnoldus en Lyda neem kort daarna haar intrek in Summerdown onder voorwendsel dat Arnoldus ’n sekretaresse nodig het. Ook Kalahari, Arnoldus se huishulp, is nie van plan om Hanri te duld in “sy huis” nie. In Dawie Greyling, ’n oujongkêrelboer van die omgewing, vind Hanri onverwags iemand wat haar vreemde en vyandige situasie verstaan. Lyda Junius is egter nie van plan om op te gee nie en sy hou nie op veg vir dit wat sy wil hê nie.
Meetsnoere (1967) beeld die stryd uit wat die baanbreker oewerboere aan die Oranjerivier gestry het om die grond mak te maak en geestelik en liggaamlik te oorleef.
Een wat ’n muur afbreek (1968) is ’n vervolg op Meetsnoere.
In Die hoë muur (1969) vry Johan na Erika en Marietie is net Erika se jong sussie. Erika se ingesteldheid is om in te palm en omdat Johan te arm is na haar sin, los sy hom. Johan kwalifiseer as internis en wanneer hy weer vir Marietie ontmoet, is sy groot en ’n verslaggeefster. Hulle raak verlief op mekaar, maar Erika (getroud met drie kinders) kyk nou met ander oë na Johan wat intussen bekend en welvarend geword het.
In Dis lente in die Boland (1975) trou Donni Malan met Christiaan Boshof om van Nico Pelser te vergeet. Hulle gaan bly op Christiaan se Bolandse plaas, Soetedal. Die huishoudster Mia wil haar nie daar hê nie en later blyk dit dat een van die mense op die plaas ’n moordenaar is. Sy moet baie ervarings meemaak voordat dit weer lente in die Boland en in haar hart kan wees.
Liefde van gister (1976) is die verhaal van Maddie en Jankoos. As hoërskoolkinders is hulle verlief op mekaar en sweer ewig trou, maar op universiteit ontmoet Maddie die wêreldwyse James. Jankoos is besig met sy militêre opleiding en kan nie wag om vir Maddie te sien tydens sy verlof nie, maar sy is nie meer die meisie wat hy geken het nie.
Dettie keer in Mevrou van Secunda (1978) na ’n lang tyd terug na haar geboorteplaas, Kraankuil. Haar ma is oorlede en haar pa het weer getrou, met ’n bloedjong vrou met wie Dettie nie oor die weg kom nie. Haar jeugliefde, Steyn Gericke, is ook intussen getroud, maar begin weer na haar vry. Die buurplaas, Secunda, kry ’n nuwe baas in die aantreklike Fritz Neethling, maar ook hier is daar ’n mevrou wat die septer swaai. Dan word Dettie se broer byna vermoor deur gif in sy wyn.
In Die korhaan roep ver (1985) gaan bly die onderwyseres Johanni Muller en dominee Fritz Venter op Witvlei, waar beide probeer wegkom van die pyn van mislukte verhoudings. Hulle vind dat hulle nie so maklik van hulle verlede en die mense daarin kan ontsnap nie en Cecilia, Fritz se vorige geliefde, en haar ouers daag op die dorp op. ’n Hewige storm wat Witvlei van die buitewêreld afsny, dryf dinge op ’n spits.
Die Kamberg-reeks, Kamberg se wêreld (1982), Kamberg se mense (1986) en Kamberg se kinders (1988) beeld die wêreld langs die Oranjerivier naby Upington uit, waar die skryfster haar kinderjare en jeug deurgebring het. Die verteller is Ragie en die verhale is op outentieke jeugherinneringe gegrond.
Sy bundel tien Kersspele in die dramabundel Kom saam na Bethlehem (1983).
Meerkat voor gat (1983) is ’n bundel kortverhale.
Eerbewyse In 1982 maak ’n uitgewery ’n toekenning aan haar uit erkentlikheid vir haar bydrae tot die skryfkuns op baie terreine.
PublikasiesWorldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-n85-8441/ JaarPublikasie1946Madelief1947Siel, jy het baie goed1950Karola1951Jare van leed Versoening1952Altyd jou eie Langs ’n ompad
Ryp vrugte
Verbode paradys1953Grenslyne Die hande van my moeder1954Belydenis Gebarste mure1955Anderkant die rante Laat lente
Die sterkste band1956Antwoord van ’n geslag1957Die onbekende verpleegster So diep in my hart1958Een bring die offer Gebaande weë1959En nou – vir ewig en altyd Salomé
Waarheid die hele waarheid1960Uit die verre jare Wie is my naaste?1961Die boeteling Tussen die duine1962Dokter Nelia Eksteen1963Liefdesweë Mooiste liefde1964Die indringer ’n Seun vir Nebe1965Droom van Madelein Winter kom later1966Al lê die berge nog so blou Deur liefde gebind
Die goue gety
Twee paaie
Verlore liefde1967Alles net vir jou Die blomme bloei weer
Duinepad
Die indringer – deel 2
Meetsnoere
Onbekende weë
Die vaal valk1968Hoe groot die offer Onbetaalde rekening1969Die hoë muur Karola1970Wie die liefde erf Die wind waai waar hy wil1971Eendag… miskien Een wat ’n muur afbreek
Waar die liefde woon1972Een van La Rhone Ek was die vreemdeling1973Grense So mooi is die liefde1974Alsace en Lorraine Ek het die wind gejaag
Die groot chirurg
Die jare roep1975Blinkwater Brandglas van die tyd
Dis lente in die Boland
Nuwe begin1976Liefde van gister1977Die jare van ons herfs Pad van verlange1978Anderkant die verste ster Mevrou van Secunda
Nes tussen die sterre
Die smaad van Kroondal
Vaarwel ou Driefonteintjie
Omnibus: Dokter Nella Eksteen; Wie is my naaste; Die hoë muur1979Ken jy die vrou – deel 1 Ken jy die vrou – deel 2
Maar die grootste hiervan
Om meer te kan gee1980Ken jy die vrou – deel 3 ’n Tyd vir stilstaan
Omnibus: Legkaart van die lewe; Moeder se dagboek
Waarmee sal ek versoening doen1981Anderkant die rante Die liefde is my offer
Liefde op Kanetberg
Skoenlappernooi
Waar is ver Tanja?1982En more is nuut Kamberg se wêreld
Die pad vorentoe
Roep van die Sonskynwoud
Omnibus (En môre is nuut): Die wind waai waar hy wil; Waar die winde
gaan rus het1983Kom saam na Bethlehem Meerkat voor gat1984Alles net vir jou Antwoord van die nageslag
Velde van offergawes
Waar die grootpad eindig1985Dokter Karenien Dricky Beukes tweeluik
Die korhaan roep ver
Waar die grootpad eindig
Omnibus: Karola; Langs ’n ompad1986Kamberg se mense Die son sal weer skyn1987Om die reënboog se goud te soek1988Kamberg se kinders Die liefde loop ’n ompad
Bronnelys
Boeke Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2. Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983
Internet Volksblad: http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/1999/11/10/3/9.html
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1918 Kategorie:Sterftes in 1999