duimnael|364x364px|Chris Chameleon op die verhoog. Chris Chameleon (gebore 28 Julie 1971) is 'n Suid-Afrikaanse sanger, akteur en liedjieskrywer. Hy is op 28 Julie 1971, as Chris Mulder in Johannesburg gebore. Hy het in 1989 begin optree toe hy die eerste Dalro- Nasionale Akteurskompetisie gewen het. In die volgende vyf jaar het hy in meer as 20 televisiereekse gespeel. Hy was ook die hoofsanger van 'n musiekgroep met die naam Blue Chameleon, vanaf 1990 tot 1995, waarna hy Nederland toe is om daar vir 'n teatermaatskappy te werk.
In 1996 het hy na Suid-Afrika teruggekeer en twee jaar lank agter die skerms as assistentregisseur gewerk. Aan die einde van 1997 het hy weer op die verhoog verskyn, as die voorman van die monki-punk-groep Boo!. Die groep het baie gewild geword, sowel in Suid-Afrika as in Europa. In die eerste 7 jaar van hulle bestaan het Boo! meer as 800 vertonings in 17 lande uitgevoer, insluitende Hongarye, Kroasïe en 14 van die Verenigde State van Amerika. Boo! het by vele Europese en Amerikaanse musiekfeeste opgetree met, onder andere, die White Stripes, Limp Bizkit, Slipknot, Franz Ferdinand, Cypress Hill en Coldplay. Die groep het ook ‘n Suid-Afrikaanse Musiektoekenning (SAMA) vir Beste Popalbum in 2002 ontvang.
Tydens 'n Boo!-toer in Nederland het Chameleon 'n dokumentêre program oor Ingrid Jonker gesien: Het Uur van de Wolf. Toe die vervaardigers van 7de Laan hom vra om 'n liedjie van 'n Afrikaanse digter te toonset en in die sepie te sing, het hy op 'n gedig van Jonker besluit. Later in 2005 het hy die album Ek Herhaal Jou uitgebring met gedigte van Jonker wat hy getoonset het. Die album het goue status behaal (meer as 25 000 CD's verkoop) en Chameleon het in dié jaar landwyd daarmee getoer.
In Junie 2006 het hy die Engelse album Shine uitgereik. Later die jaar het die vervaardigers van 7de Laan hom genooi om weer in die sepie te speel. Die Afrikaanse album 7de Hemel, wat in dieselfde jaar uitgereik is en platinumstatus behaal het (meer as 50 000 CD's verkoop), bevat liedjies wat sy karakter Liam in die sepie gesing het.
In 2010 ontvang hy 'n SAMA-toekenning in die kategorie beste kontemporêre album (Afrikaans) vir Kyk Hoe Lyk Ons Nou.Afrikaanse kunstenaars tops by Samas , Nuus24, besoek op 18 Maart 2010.
Sedertdien het verskeie CD’s en DVD’s van hom verskyn, waaronder Droomland (2013), wat hy saam met die Drakensberg-seunskoor opgeneem het.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Diskografie duimnael|regs|270px|Chris Chameleon tydens 'n optrede.
Ek Herhaal Jou, 2005 (Platinum status) Volkleur, DVD, 2005 7de Hemel, 2006 Shine, 2006, sy eerste Engelse album. Flight of an Extraordinary Alien DVD, 2007 Ek vir Jou, 2007 Klassieke Chameleon, CD & DVD, 2008 Made Available, sy tweede Engelse album, 2008 Kyk Hoe Lyk Ons Nou, 2009 My Storie DVD, 2009 Live at the Folkwoods Festival, 2009 As Jy Weer Skryf, 2011 Droomland, 2013 Herleef – Psalms en Gesange, 2013 Posduif 2014 Firmament, 2016 Jy en Ek en Ek en Jy, 2017
Teater By die 2009 Cultivariafees het Chameleon sy nuwe feesproduksie, Voila gepremier. Voila bestaan uit Chameleon se musiek, meesterlik getoonset deur Jonathan Crossley. In Voila deel Chris die verhoog met die klassieke kitaarspelers James Grace en Jonathan Crossley.
Chris Chameleon het in Februarie en Maart ‘n uitgebreide teatertoer na Nederland onderneem. Saam met die bekende Nederlandse sangeres en aanbiedster, Leoni Jansen, het hulle hul produksie Ja Gesê in 28 teaters in Nederland uitgevoer. In April 2012 voer Chris die produksie Droomland op saam met die Suid-Kaapse Kinderkoor, dieselfde jaar het hy die produksie ook by die Innibos Kunstefees opgevoer saam met die Drakensbergse Seunskoor. In 2013 by die Innibos Kunstefees, het Chris 'n eenmantoneelstuk, Man, opgevoer, 'n opvolgproduksie van sy debuut teaterproduksie, Boy.
Televisie Chris het sy verskyning in die SABC 3 televisiereeks Sober Companion gemaak as die tragiese, dwelmverslaafde popheld Rory Kruger. In Maart 2015, het Chris ook deur Namibië gereis vir die vervaardiging van ‘n dokumentêr oor Afrikaans in Namibië wat geskeduleer in Augustus 2015 op KYKnet vertoon het. Chris was ‘n aanbieder in die De Kat televisiereeks op Kyknet en het ook in die reeks Rugby Motors (geskryf deur Louw Venter) in November 2012 verskyn.
Film In Maart 2013 het Chris het die die rol van ‘n popster genaamd Sarel Fourie in die fliek Fanie Fourie’s Lobola. Chris, Hunter Kennedy en Fred den Hartog (van Die Heuwels Fantasties) het die lirieke en musiek geskryf vir Sarel Fourie se popliedjies in die fliek. In Maart 2013 sy eie album Dinky uitgereik het en Chris was genomineer vir ‘n Tempo Toekenning vir sy rol as Sarel Fourie.
In 2014 na was hy deel van die verfilming van die rolprent Suurlemoen, waarin hy die karakter van Mnr. Marx, 'n onderwyser, vertolk het.
Toekennings
KANNA Toekenning vir Beste Musiekproduksie by KKNK – Droomland – 2013 INNIBOS-toekenning vir Grootste Afrikaanse Kunsbydrae tot die fees– Dreams 2012 Green Heart Award opsigtelike toewyding tot bewaring 2012 SAMA -toekenning vir Beste Manlike Kontemporêre Album – As Jy Weer Skryf 2012 SAMA-toekenning vir Beste Afrikaanse Kontemporêre Album – Kyk Hoe Lyk Ons Nou 2010 SAMA-toekenning vir Beste Afrikaanse Kontemporêre Album – Kyk Hoe Lyk Ons Nou 2010 INNIBOS-toekenning vir Mees Gewilde Produduksie by Innibos Kunstefees 2010. KANNA-toekenning vir Beste Manlike Kunstenaar by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees 2009 INNIBOS-toekenning vir Mees Gewilde Produksie by Innibos Kunstefees 2009 Huisgenoot Tempo-toekenning vir Mees Gewilde Afrikaanse Album vir Ek Vir Jou 2008 Vonk-toekenning vir Beste Solo DVD vir Klassieke Chameleon 2008 SAMA-toekenning vir Beste Afrikaanse Kontemporêre Album – 7de Hemel 2007 Erepenning: Toegeken aan Chris deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek - 2007 FAK-toekenning vir Besondere Kultuurprestasie - 2007 VONK-toekenning vir Beste Manlike Solokunstenaar - 2007 VONK-toekenning vir Beste Liedjieskrywer vir Sterredank - 2007 KANNA-toekenning vir Beste Musiekteater Produksie by KKNK - 2007 Gehoorkeuse-toekenning vir KLASSIEKE CHAMELEON by Aardklop – 2007 AMT-toekenning vir Beste Manlike Album 7de Hemel - 2007 AMT-toekenning vir Beste Manlike Video Groet - 2007 Huisgenoot Tempo-toekenning vir Gunsteling Kontemporêre Kunstenaar - 2006 VONK-toekenning vir Beste Manlike Kunstenaar - 2006 VONK-toekenning vir Beste Manlike Album: Ek Herhaal Jou - 2006 MK-toekenning vir Beste Solo Video Die Onverkrygbare - 2006 MK-toekenning vir Sexyste Video Die Onverkrygbare - 2006
Nominasies
SAMA nominasie vir Beste Afrikaanse Kontemporêre Album – Posduif – 2015 Beste Manlike Kontemporêre Album – As Jy Weer Skryf- 2012 Beste Alternatiewe Engelse album – Boo! – The Three of Us 2011. Beste Manlike Kunstenaar –2008, 2009 & 2010 Album van die Jaar – Klassieke Chameleon - 2009 Beste Afrikaanse DVD – Klassieke Chameleon - 2009 Beste Afrikaanse Kontemporêre Album – Klassieke Chameleon - 2009 MTN Plaat van die Jaar – Sterredank - 2009 Beste “Global Chart DVD” – Flight of an Extraordinary Alien - 2008 Beste Afrikaanse Kontemporêre Album - Ek Vir Jou - 2008 Liedjie van die Jaar - Droomland”- 2007 Beste Alternatiewe Album – Shine – 2007
Verwysings
Sien ook Suid-Afrikaanse Musikante
Eksterne skakels Chris Chameleon se webblad Chris Chameleon op MySpace
Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1971 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaanse sangers