Hierdie artikel handel oor Belfast in Noord-Ierland. Vir die dorp in Mpumalanga, sien Belfast, Mpumalanga. BelfastBéal FeirsteBilfawst • Bilfaust 280px Kaart Wapen 180px|senter 95px|senter Vlag 90px|raam|senter Land  Land (VK)  Historiese provinsie 20px Ulster Distrik City of Belfast County County AntrimCounty Down Koördinate  Stigting Vroeë 17de eeu Stadstatus 1888 Oppervlakte:    - Totaal 115 km²  Hoogte bo seevlak 67 m Bevolking:    - Totaal (City of Belfast) 281 000 Northern Ireland Statistics & Research Agency: Sensus van 2011  - Totaal (ná hervorming in 2015) 333 871  - Bevolkingsdigtheid 2 443,5/vk km  - Urban Area 483 418  - Metropolitaanse gebied 641 638 Tydsone UTC +0 (GMT)  - Somertyd UTC +1 (BST) Klimaat    - Tipe Gematigde klimaat  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 9,1 °C  - Gem. temp. Januarie/Julie 3,8 / 14,7 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 846 mm Burgemeester (Lord Mayor) Tracy Kelly Amptelike webwerf belfastcity.gov.uk

Belfast (Iers-Gaelies: Béal Feirste, letterlik: "monding van die sandbanke"; Royal Mint – Belfast Ulster-Skots: Bilfawst of Bilfaust; Skots-Gaelies: Beul Feirste) is die hoofstad en grootste stad van Noord-Ierland,HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, een van die vier lande van die Verenigde Koninkryk, met 'n oppervlak van 115 vierkante kilometer en 'n bevolking van 281 000 volgens die sensus van 2011 (333 871 ná die munisipale hervorming in 2015). Die metropolitaanse gebied van Belfast (Belfast Metropolitan Urban Area) het 'n bevolking van 641 638.

duimnael|links|Belfast se stadsaal is in die neobarok-styl ontwerp en vanaf 1898 tot 1906 opgerig duimnael|links|Uitsig oor Belfast vanaf Stormont duimnael|links|Stappers geniet die uitsig oor Belfast vanaf Black Mountain duimnael|links|Die interieur van die Titanic Belfast-museum duimnael|links|Titanic Belfast word groen belig ter geleentheid van Sint Patricksdag Die naam Belfast is afgelei van die Iers-Gaeliese Bél Feirste ("monding van die Farset", die Ierse term feirste verwys na 'n sandbank of 'n sanderige fjord). Die stad was oorspronklik teen die Farsetrivier geleë, maar intussen is die Lagan die belangrikste rivier van Belfast. Die Farsetrivier vloei tans onder High Street en het byna in vergetelheid geraak.

Die vroegste nedersettings in die gebied dateer uit die Bronstydperk. Vanaf die 18de eeu het Belfast tot 'n belangrike stedelike sentrum in Ierland gegroei wat vandag as die administratiewe hoofstad van Noord-Ierland dien. Die nywerheidsomwenteling het van die stad 'n belangrike industriële en handelspilpunt gemaak waaraan vanweë sy indrukwekkende 19de eeuse argitektuur die bynaam Athene van die Noorde Baedeker Allianz Reiseführer Großbritannien und Nordirland. 5de uitgawe. Ostfildern: Karl Baedeker 1994, bl. 156 gegee is, maar in die laat 20ste eeu het sy tradisionele nywerheidsbedrywe, waaronder skeepsbou, 'n groot mate van agteruitgang beleef.

Die politieke geskiedenis van Belfast is deur die konflik tussen die Protestantse en Rooms-Katolieke gemeenskappe oorheers waardeur die stad in "Protestantse" en "Katolieke" woongebiede verdeel is. Met die ondertekening van 'n vredesooreenkoms vir Noord-Ierland, die sogenaamde Goeie Vrydagooreenkoms van 10 April 1998, het die konflikpartye hul steun vir vreedsame ontwikkeling bevestig en sodoende die pad vir ekonomiese groei en die regenerasie van die middestad en die dokgebiede gebaan.

Etimologie duimnael|'n 1685-kaart van Belfast deur die militêre ingenieur Thomas Phillips met die stadsmure en Lord Chichester se kasteel, wat in 1708 deur 'n brand vernietig is Die naam "Belfast" is ontleen aan die Iers-Gaeliese Béal Feirste ([bʲeːlˠ ˈfʲɛɾˠ(ə)ʃtʲə]) wat beteken "monding van die Farset", 'n rivier, waarvan die Ierse naam Feirsteverwys na 'n sandbank of 'n sanderige fjord. Die rivier was die nedersetting se belangrikste rivier — totdat dit laat in die 18de eeu onder High Street verbou is — en dit is intussen deur die Loganrivier vervang. By hierdie kruising, deesdae onder of naby die Queen's Bridge, het die nedersetting ontstaan.

Die sprekers van Ulster-Skots gebruik verskeie transkripsies van plaaslike uitsprake van "Belfast" (wat hulle soms ook gebruik), insluitende Bilfawst, Bilfaust of Baelfawst.

Geografie Bergreekse duimnael|links|Cavehill met sy kenmerkende grotte duimnael|McArt se fort op Cavehill Belfast lê naby die Laganrivier en teen die uiterste suidweste van die Belfast Lough, 'n lang natuurlike inham wat van Belfast een van die belangrikste seehawens en die tweede grootste stad van Ierland gemaak het. Twee uitgestrekte bergreekse lê ten suide en noorde van die stad, die Castlereagh- en Antrim-heuwels.

Die bergpieke in die noordweste en suidooste versterk die indruk dat Belfast in 'n plat landskap geleë is. Noord van die stadsgebied verrys die basaltplatorand van die Antrim-heuwels uit die vlakte, met bergpieke soos die Black Mountain (390 m bo seevlak), Divis Mountain (478 m) en Cavehill (368 m). By die laasgenoemde skep die plato en McArt se fort, wat uit die Ystertydperk dateer, 'n dramatiese silhoeët vir Belfast. Raymond Gillespie: Early Belfast: The Origins and Growth of an Ulster Town to 1750. Belfast: The Belfast Natural History and Philosophical Society 2007, bl. 3 Die ruwe landskap van Cavehill met grotte aan een van sy kante het van oudsher die menslike verbeelding aangegryp en was die basis vir romantiese legendes en mites oor verborge skatte en ander dinge.

Die laer bergreekse van die Castlereagh Hills en Holywood Hills is suid-oos van Belfast geleë en bereik hoogtes van tussen 180 en 200 m noord van Dundonald en in hul uitlopers rondom Braniel. Die grootste deel van dié reekse verrys nie hoër as 150 m nie, maar vorm nogtans 'n natuurlike geografiese versperring wat die bou van paaie in ooswaartse rigting beperk en die bou van roetes langs die kus nodig gemaak het. Die lyn van bergheuwels word slegs deur die Dundonald Gap deurbreek wat 'n maklike toegang tot Newtownards en die see-inham Strangford Lough bied.

Die bergreekse het al vroeg die belangstelling van menslike bewoners gewek. Aan die noordekant van die Laganrivier, wat deur die breë vallei tussen die bergpieke vloei, is mense gedurende die Jongsteentydperk deur afsettings van vuurklippe onder die Antrim-basalt aangetrek – 'n gewilde materiaal vir die vervaardiging van werktuie en wapens.

Ystydperk en Malone-sande duimnael|Weerkaatsing van geboue op die Laganrivier Voor die laaste kouetydperk het die Lagan in die huidige stadsgebied van Belfast nog deur die Bog Meadows gevloei. Die vergletsering het nie net die rivierloop nie, maar ook die valleilandskap ingrypend verander. Die ysmassa's het oor die ooste van Ulster beweeg, en groot dele van die gebied is met kleigruis bedek. Toe die ys in oostelike rigting begin terugtrek en die Laganvallei blokkeer het, het 'n meer ontstaan waarin 'n kleilaag en groot hoeveelhede sand en gruis gedeponeer is.

Hierdie "Malone-sande", soos hulle plaaslik genoem word, sou later 'n belangrike rol by die ontstaan van menslike nedersettings speel. Afsettings van Malone-sande het orals in die gebied heuwelrûens of klein plato's gevorm waarop paaie of nedersettings gebou kon word. Nedersettings suid van Belfast se middestad, soos dié rondom Malone Road en Stranmillis, is op Malone-sande gebou. Drie belangrike paaie in die gebied, Malone Road, Lisburn Road en Stranmillis Road, het albei op hoër geleë terreine met Malone-sande as ondergrond ontstaan. Die Malone-vlaktes, soos hulle in die vroeë 17de eeu genoem is, was een van die eerste gebiede waar mense hulle in die moderne tydperk gevestig het.

Die ysmassa's van die laaste kouetydperk het nog een laaste keer na die Laganvallei deurgedring en 'n laag van kleigruis oor die Malone-sande agtergelaat voordat hulle vir goed in oostelike rigting verdwyn het. Die periodes daarna is deur wisselende seevlaktes en kuslyne gekenmerk. Landmassa's het op- en afwaarts beweeg nadat die gewig van die ys verwyder is en die watervolume as gevolg van smeltende ys gestyg het. Turfbeddens het ontstaan en is vervolgens weer oorstroom. Die vloedwater het afsettings van klei of sleech, soos dit plaaslik genoem word, agtergelaat.

Hierdie kenmerkende blou-grys klei vorm die ondergrond van Sentraal-Belfast met lae van verskillende diktes, en alhoewel dit maklik bewerk kan word, is hierdie onstabiele grond allesbehalwe ideaal om daarop te bou. By Cornmarket bereik die klei 'n diepte van 17 meter, maar word suid en oos van die Raadsaal gaandeweg dunner, met dieptes van slegs een meter.

Klimaat duimnael|links|220px|'n Reënerige namiddag in Belfast duimnael|'n Reënboog oor die New Lodge-buurt in Noord-Belfast duimnael|Herfskleure in University Road Soos die res van Ierland het Belfast 'n gematigde klimaat met geringe temperatuurskommelinge. Winderige weerstoestande en reënval kom dwarsdeur die jaar voor. Tans is daar vyf weerstasies in die stadsgebied: Helens Bay, Stormont, Newforge, Castlereagh en Ravenhill Road. Die weerstasie van Aldergrove-lughawe is in die omgewing van Belfast geleë.

Die hoogste temperatuur, wat ooit in Belfast en die hele Noord-Ierland aangeteken is, was 30,8 °C by Shaws Bridge op 12 Julie 1983. Belfast hou ook die rekord vir die hoogste minimum-nagtemperatuur met 19,6 °C in Whitehouse op 14 Augustus 2001.

Die stad kry noemenswaardige neerslae van meer as 0,25 mm op 213 dae van 'n gemiddelde jaar, met 'n jaarlikse gemiddelde reënval van 846 mm – minder as byvoorbeeld die Engelse Lake District of die Skotse Hoogland, maar meer as Dublin of die suid-oostelike kusgebied van Ierland. Sneeuval kom op minder as tien dae van 'n gemiddelde jaar voor.

Die hoogste temperatuur, wat ooit by die weerstasie in Stormont aangeteken is, was 29,7 °C in Julie 1983. In 'n gemiddelde jaar styg die kwik op die warmste dag tot 24,4 °C. Die laagste temperatuur, wat amptelik in Stormont gemeet is, was -9,9 °C in Januarie 1982. In 'n gemiddelde jaar sal die kwik gedurende die koudste nag nie onder -4,5 °C val nie. Ryp kom sowat 26 nagte per jaar voor.

Die vlakke van lugbesoedeling is in Belfast oor die algemeen relatief laag, veral in vergelyking met die 1950's en 1960's toe Belfast nog dikwels in rookmis gehul is. Intussen is na skoner brandstowwe soos aardgas omgeskakel, maatreëls ingestel om lugbesoedeling te beheer en die kragsentrale in Wes-Belfast in 2002 gesluit. In sekere dele van Belfast is lugbesoedeling as gevolg van padverkeer steeds 'n probleem. Stadsraad van Belfast: Luggehalte

Stadswapen Die huidige stadswapen is op 30 Junie 1890 amptelik aanvaar. Die Latynse leuse Pro tanto quid retribuamus ("Hoe kan ons vergoed vir so veel weldade aan ons?") is ontleen aan die Bybelse psalm 116, versreël 12.

Min is bekend oor die wapen se simbole, hul oorsprong en betekenis. Die klok, die seeperd, die skip en die wolf in kettings verskyn egter reeds op die kentekens en muntstukke van 17de eeuse kooplui wat in Belfast sake gedoen het.

Die seeperd, wat twee keer op die wapenskild verskyn, versinnebeeld die belangrike rol van seehandel vir Belfast se ekonomie, net soos die skip onderaan. Belfast City Council: Belfast City Hall. Brosjure sonder jaargetal

Geskiedenis Vroeë geskiedenis duimnael|links|Ingangshek tot die Belfast-kasteel duimnael|Die kasteel van Belfast Die eerste menslike nedersettings in die gebied van Belfast dateer uit die Bronstydperk, en die oorblyfsels van versterkings uit die ystertydperk kan nog steeds besigtig word. Bekende besienswaardighede uit die vroeë geskiedenis van Belfast sluit Giant's Ring, 'n mensgemaakte heuwel wat 5 000 jaar gelede ontstaan het en naby die stad geleë is, en McArt's Fort in, 'n heuwelvesting uit die ystertydperk wat op Cavehill, 'n heuwel noord van Belfast, opgerig is.

In 1177 het 'n Normandiese lord, John de Courcy, 'n kasteel gebou wat die bakermat van 'n klein nedersetting sou word. Die kasteel en dorp is egter reeds twintig jaar later gedurende 'n slag vernietig.