In die algemeen verwys 'n eweknienetwerk (Engels: peer-to-peer network of P2P) na 'n rekenaarnetwerk wat nie vaste werkstasies en bedieners bevat nie, maar 'n aantal gelykwaardige rekenaars wat aanmekaar gekoppel is en terselfdertyd as 'n bediener en werkstasie dien vir ander aansluitings tot die netwerk.

Kenmerke Die eweknienetwerkmodel staan in kontras met die werkstasie-bedienermodel. Elke aansluiting is in staat om 'n ondersteunde oordrag te begin en te beëindig. Eweknie-aansluitings kan verskil in hul plaaslike opstelling, verwerkingsnelheid en bandwydte van die netwerk asook die stoorkapasiteit beskikbaar.

Uitruilnetwerke Die term kan tegnies gesproke ook toegepas word op 'n aantal netwerktegnologieë en -programme wat gebruik maak van die model (soos byvoorbeeld die NNTP-protokol, wat gebruik word deur Usenet-nuusgroepe). Die term word dikwels gebruik om uitruilnetwerke soos Gnutella, FastTrack,WinMX, BitTorrent en EDonkey2000. Hierdie netwerke bied die moontlikheid om gratis en grotendeels anoniem lêers of dele daarvan tussen persoonlike rekenaars wat met die internet verbind is, uit te ruil. Die Engelse benaming hiervoor is filesharing.

Eweknienetwerke, -protokolle en -programme regs|300px|duimnael|Verloop van die geskatte aantal gebruikers van die gewildste drie eweknienetwerke: FastTrack-, eDonkey- en die Gnutellanetwerk, tussen Januarie 2003 en einde Mei 2006

Netwerk/Protokol Programme wat van die netwerk gebruik maak Ares Galaxy Ares Galaxy, Warez, Gift-Ares (prop) BitTorrentnetwerk BitTorrent, BitTorrent++, ABC, Azureus, BitAnarch, BitComet, BitLord, BitTorrent.Net, BitTornado, MLDonkey, µTorrent, Shareaza, SimpleBT Direct Connect netwerk NeoModus Direct Connect, DC++, BCDC++, CZDC++ eDonkeynetwerk eDonkey2000, eMule, MLDonkey, Shareaza FastTrack protokol KaZaA , Grokster, iMesh, giFT, gift-fasttrack, Mammoth P2P Freenet netwerk Freenet, Frost, Entropy Gnutella netwerk Acquisition, BearShare, Gnucleus, Limewire, Morpheus, gift-gnutella (prop), Phex, Swapper, Shareaza, MLDonkey, XoloX, gtk-gnutella, GnucDNA Gnutella2 Shareaza, Gnucleus, MLDonkey, Morpheus, GnucDNA MANOLITO (MP2P) netwerk Blubster, Piolet, RockItNet Napster (OpenNAP) netwerk OpenNap, WinMX, Napigator, FileNavigator, Utatane, XNap Pichat netwerk Pichat, Pidgin, Moonchat, C4 WPNP netwerk WinMX

Ander protokolle:

FileTopia, Mute, Waste, AntsP2P, Soulseek, Muscle (BeShare), Akamai, Alpine, Audiogalaxy netwerk, Carracho, Chord, The Circle, Dexter, EarthStation 5 netwerk, Evernet, GNUnet, Groove, Hotwire, JXTA, MojoNation, Overnet netwerk, Scribe, SongSpy netwerk, Squid, Swarmcast

Eksterne skakels Zeropaid Slyck P2P Info Centre p2punited eDonkey P2P (Engles|PL)

Kategorie:Rekenaarnetwerke