Java (Balinees en Indonesies: Jawa; Javaans: ꦗꦮ, Soendanees: ᮏᮝ), die wêreld se 13de grootste eiland, beslaan 'n oppervlakte van 138 793,6 km² en word begrens deur die oop Indiese Oseaan in die suide en die Javasee in die noorde. Java is die kleinste, maar mees bevolkte en mees suidelike van die vier Groot Soenda-eilande asook die vyfde grootste eiland van die eilandstaat Indonesië. Dit is in die ooste van Soematra, in die suide van Borneo en in die weste van die Klein-Soenda-eilande geleë. Die Javasee word in die weste deur die Soendastraat en in die ooste deur die Balistraat met die Indiese Oseaan verbind.

duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van Java duimnael|links|Djakarta, Indonesië se hoofstad en grootste stad op Java duimnael|links|Verspreiding van tale op die eilande Java, Bali en Madoera in Indonesië Java is met 'n bevolking van meer as 145 miljoen die mees bevolkte eiland en ook een van die digs bevolkte gebiede ter wêreld. Dit is die kleinste van die vier Groot Soenda-eilande, maar ook die belangrikste een. In Java se noordweste is Djakarta, Indonesië se hoofstad en grootste stad. In Augustus 2019 het die Indonesiese president Joko Widodo die plan aangekondig om die hoofstad van die "sinkende" Djakarta na 'n nuwe stad in die provinsie Oos-Kalimantan op Borneo te verskuif.

Java se naam is moontlik afgelei van die Sanskrit-woord yava vir "gierst", 'n groep soortgelyke, dog verskillende grane wat 'n belangrike stapelvoedsel in Asië vorm.

Java het 'n bevolking van sowat 145 miljoen, van wie die meeste Javane is, gevolg deur verwante etniese groepe soos Maleiers en Soendanese. Java se inheemse en mees gebruikte taal is Javaans,

hoewel dit in Indonesië nie 'n amptelike taal is nie; dit is Indonesies wat veral rondom die hoofstad Djakarta gebesig word. In die weste word veral Soendanees gepraat en in die ooste Madoerees en Balinees. Al dié tale behoort tot die Maleis-Polinesiese tale. Chinees is die moedertaal van die Han-Chinese wat hulle veral in onlangse dekades op Java kom vestig het. Java beskik oor 'n uiters diverse godsdienstige tradisie met Islam, Christendom, Hindoeïsme en Boeddhisme wat al sedert eeue beoefen word, die meerderheid inwoners is egter Moslems.

Java se geologie is gekenmerk deur baie aktiewe vulkane wat dié eiland van wes na oos gevorm het. Net wes van Java is Krakatoa geleë, veral bekend vir sy enorme uitbarsting in 1883. Java se vulkane behoort tot die Ring van Vuur wat die Stille Oseaan van Nieu-Seeland tot Chili omsirkel.

Die Javaanse kat is nie van Java of Indonesië afkomstig nie. Die naam is egter van die feit ontleen, dat dié kat van die Balinese kat (wat ook niks met Bali te doen het nie) afkomstig is en dus is 'n soortgelyke naam aan dié katras gegee. As gevolg van die voortgesette verstedeliking en ontbossing word Java se inheemse dierelewe ernstig bedreig; die Javaanse tier is al uitgestorwe en die Javaanse renoster is ernstig bedreig.

Geografie Stede Naam Gebied Stad Djakarta (Jabotabek) 18 924 470 8 579 263 Bandoeng 6 492 753 1 601 767 Surabaya 4 112 098 2 336 843 Cirebon 1 738 348 253 986 Jogjakarta 1 611 752 703 753 Semarang 1 583 573 1 283 279 Tegal 1 263 997 237 415 Soerakarta 1 240 955 563 208 Malang 1 038 247 755 371

Provinsies Provinsie of besondere streek Hoofstad Oppervlakte(km²) Oppervlakte(%) Bevolking(2000-sensus) Bevolking(2010-sensus) Bevolking(2015-sensus, voorlopig) Bevolkings-digtheid (2015) Banten Serang9 662,927,18 098 27710 632 16611 934 3731 235 Djakarta –664,010,58 361 0799 607 78710 154 13415 292 Wes-Java Bandoeng35 377,7627,135 724 09343 053 73246 668 2241 319 Westelike Java-streek(drie gebiede bo)45 704,6934,752 183 44963 293 68568 756 7311 504 Sentraal-Java Semarang32 800,6925,331 223 25832 382 65733 753 0231 029 Jogjakarta Jogjakarta3 133,152,43 121 0453 457 4913 675 7681 173 Sentrale Java-streek(twee gebiede bo)35 933,8427,734 344 30335 840 14837 428 7911 041 Oos-Java Surabaya47 799,7537,334 765 99337 476 75738 828 061812 Java-streek Djakarta129 438,28100%121 293 745136 610 590145 013 5831 120 Madoera van Oos-Java –5 025,303,33 230 3003 622 7633 724 545741 Java –124 412,9896,7118 063 445132 987 827141 300 0001 136

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Groot-Soenda-eilande