Die koorsboom (Vachellia xanthophloea) is inheems aan Eswatini, Demokratiese Republiek die Kongo, Kenia, Malawi, Mosambiek, Somalië, Suid-Afrika, Tanzanië en Zimbabwe is. In Suid-Afrika kom dit in die provinsies KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys. Die boom se FSA-nommer is 189.
Dit is 'n boom wat tot 25 meter hoog kan groei. Die hoogste koorsboom in Suid-Afrika is egter 30,5 m hoog en staan op die plaas Antonvilla in die distrik Musina (volgens die eerste verslag: Operasie Boomreuse – 1971). Die baskleur is lemmetjiegroen tot geelgroen en is glad met 'n geel poeier op die oppervlakte. Die boom het lang, reguit dorings wat in pare voorkom. Die boom het dubbelveervormige, saamgestelde blare.
Vroeë pioniers in Suid-Afrika het geglo dat hierdie boom koors veroorsaak, aangesien die mense wat in die gebiede gereis het waar die bome voorkom, koors ontwikkel het. Die bome kom voor in gebiede wat moerasagtig is waar muskiete broei wat malaria dra wat wel die oorsaak van die koors was.
Fotogalery
Ander name Engelse naam: Fever tree Zoeloenaam: umHlosinga of uMkhanyakude
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Vachellia Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zimbabwe