Sharlto Copley (gebore 27 November 1973) is 'n Suid-Afrikaanse akteur. Hy het Wikus van de Merwe (sic) gespeel in die Oscar-benoemde wetenskapfiksierolprent District 9, Howling Mad Murdock in die 2010-aanpassing van die The A-Team, C. M. Kruger in die wetenskapfiksierolprent Elysium, James Corrigan in die wetenskap fiksie gruwel film Europa Report en Koning Stefan in die donkerfantasie-avontuurfilm Maleficent. Hy het ook die titelkarakter in die wetenskapfiksieprent Chappie gespeel en 'n ster in twee seisoene as Christian Walker van die TV-reeks Powers. Sharlto is getroud met mede-Suid-Afrikaanse aktrise en model Tanit Phoenix.

Vroeë lewe Sharlto Copley is in Johannesburg gebore en het skoolgegaan by St. Andrew's Preparatory School in Grahamstad en Redhill School in Morningside, Johannesburg. Sy pa is Dr. Bruce Copley, 'n voormalige universiteitsprofessor."Bruce Copley – Holistic Learning Adds Value" SKF Sweden Evolution Business and Technology Magazine article, 7 Junie 2006 Sy broer, Donovan, is die hoofsanger van die musiekgroep Hot Water in Kaapstad.Hotwater . Overtone.co.za (16 October 2008). Retrieved on 22 September 2013.Hotwater Official Site. Hotwater.co.za. Retrieved on 22 September 2013.

Loopbaan 'n Jaar na skool het Copley vir Neill Blomkamp ontmoet. Blomkamp was 16 en Copley was 22, en Copley het vir Blomkamp voorsien van die gebruik van sy rekenaar by sy maatskappy. Copley het 'n rol in Peter Jackson en Neill Blomkamp se District 9, waar hy die rol van Wikus van der Merwe speel,Full cast and crew for District 9 (2009). IMDb.com 'n Afrikaner wat die buitenaardse wesens moet help verskuif wat onverwags op die Aarde gestrand is.

Persoonlike lewe Copley is met aktrise en model Tanit Phoenix getroud op 15 Februarie 2016 in Kaapstad, Suid-Afrika. Hy woon in beide Kaapstad en Los Angeles. Copley en sy vrou het 'n dogter saam.

Filmografie Rolprente 2006: Yellow 2006: Alive in Joburg 2009: District 9 2010: Wikus and Charlize 2010: The A-Team 2013: Europa Report 2013: Elysium 2013: Oldboy 2013: Open Grave 2014: Maleficent 2014: The Snow Queen 2: The Snow King 2015: Chappie 2016: Hardcore Henry 2016: The Hollars 2016: Free Fire 2017: God: Serengeti 2018: Gringo 2018: God: City 2019: Ted K 2022: Russian Doll, Season 2

Televisiereekse 2015: Powers

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1973 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu