Die Siderium is 'n periode in die vroeë Prekambriese geskiedenis van die Aarde.

Volgens die chronologiese definisie van die IUGS: International Union of Geological Sciences se subkommissie vir stratigrafie is dit in 1988 gedefinieer as die eerste periode van die Paleoproterosoïkum en het dit per definisie geduur van 2500 tot 2300 miljoen jaar gelede.Main Tectonic Events and Metallogeny of the North China Craton Springer, 2016, ,

Volgens die stratigrafiese definisie van Gradstein hulleThe Geologic Time Scale 2012, Deel 2 Elsevier, 2012 , word sy begin gedefinieer deur die verskyning van Hamersley se gebande ysterformasie (BIF Banded Iron Formation) en sy einde deur die verskyning van die Huroniese ystydperk. Die datering van hierdie gebeurtenisse is omtrent 2630 en 2420 Ma, effens vroeër as die chronologiese datering. 'n Ander verskil is dat Gradstein dit as die laaste periode van die Argeïkum beskou pleks van die eerste periode van die Proterosoïkum.

Geochemiese verandering duimnael|Gebande ysterformasies wat die Rio Tinto rooi kleur.|links Die groter voorkoms van suurstof het die oorheersing van metaanvervaardigende organismes beëindig wat kenmerkend was voor die periode voor die siderium, die metanium. Die naam Siderium verwys na yster, omdat in hierdie tydperk groot hoeveelhede van hierdie element wat as in die oseane opgelos was, geoksideer is en as ysteroksiedafsettings neergeslaan het. Hierdie proses is biogeen van aard. Fotosintetiese organismes soos sianobakterieë het meer en meer suurstof vrygestel en dit het die oksidasiepotensiaal in die oseane verander. Dit word die Groot Suurstofkatastrofe genoem.

Omtrent 2,4 Ga verskyn die eerste afsetting van gips (kalsium-sulfaat). Dit beteken dat toe sulfaat volop in die oseane geword het. Die beteken dat vulkaniese swaweluitstoot soos makliker geoksideer is. Palaeoclimates: the first two billion years Philos Trans R Soc Lond B Biol Sci. 2006 Jun 29; 361(1470): 917–929.

Verwysings

Kategorie:Argeïkum Kategorie:Proterosoïkum