Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.

Chunfen (Chinees: 春分, pinyin: chūnfēn) of shunbun (Japannees: 春分) is die vierde sontermyn. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 0° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 15° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 0° is.

Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 20 Maart en eindig dit omstreeks 4 April (5 April volgens Oos-Asiatiese tyd).

Pentades Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. Die pentades van chunfen is: China Eerste pentade: Die donker voëls arriveer (玄鳥至). Dit verwys na swaeltjies wat noordwaarts migreer. Tweede pentade: Donderende klanke (雷乃發聲). Dit verwys na die begin van die lente se donderstorms. Laaste pentade: Weerlig begin (始電). Benewens die donderstorms verwys dit ook na die dae wat langer word en die son wat skyn.

Japan Eerste pentade: Die swaeltjie begin ’n nes bou (雀始巣; Suzume hajimete sukuu). Tweede pentade: Kersiebloeisels begin oopgaan (桜始開; Sakura hajimete hiraku). Laaste pentade: Die begin van die veraf donderweer (雷乃発声; Kaminari sunawachi koeo hassu).

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Sontermyne Kategorie:Lente