Pajamas kan verwys na verskeie verwante kleretipes van oorsprong op die Indiese subkontinent. In die Westerse wêreld, is pajamas lospassende slaapklere deur beide geslagte gedra."Brazilian composer Heitor Villa-Lobos playing native Brazilian folk instrument from his collection, while wearing jacket over his pyjamas & smoking cigarette; at home." Life magazine, 1945 (Photographer: Unknown; Location: Rio De Janeiro) Deesdae word mense ook in die dag in hul pajamas gesien, terwyl hulle in die huis ronddwaal.
Tradisionele tipes Tradisionele pajamas bestaan uit 'n baadjie-en-broek kombinasie gemaak van sagte materiaal, soos katoen of liggewig katoen."Girl sitting on bed and wearing striped flannel pajamas and Disney Donald Duck slippers." Life magazine, Desember 1949, (Photographer: Nina Leen). Baie mense verkies om net in die pajamabroek te slaap of rond te lê, óf met 'n T-hemp. Om hierdie rede word pajamabroeke vir mans en seuns dikwels apart verkoop.
Konstruksie Pajamas is gewoonlik lospassend en ontwerp vir gemak, gemaak van sagte materiale soos katoen, sy of satyn. Sintetiese materiale soos poliëster en Lycra is ook beskikbaar.
Pajamas bevat dikwels visuele effekte of slagspreuke wat 'n spesiale mening van die draer uitstraal. Beelde van sport, diere, ballonne, polka dots, blomme, strepe en ander motiewe kan almal gebruik word vir versiering.
Galery
Verwysings
Kategorie:Kleding