Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.
Yushui (Chinees: 雨水, pinyin: yǔ shuǐ) of usui (Japannees:雨水) is die tweede sontermyn en die tyd wanneer die sneeu begin smelt. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 330° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 345° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op lengtegraad 330° is. Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 18 Februarie (19 Februarie volgens Oos-Asiatiese tyd) en eindig dit omstreeks 5 Maart.
Pentades Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. In China is die pentades van yushui: Eerste pentade: Otters offer vis (獺祭魚). Otters vang vis wat stroomop swem en daar word geglo hulle offer die vis aan die hemel. Tweede pentade: Die wildeganse arriveer (鴻雁來). Laaste pentade: Bome en gras stoot hul lote uit (草木萌動).
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Verwysings
Kategorie:Sontermyne Kategorie:Lente