Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.

Jingzhe (tradisionele Chinees: 驚蟄; vereenvoudigde Chinees: 惊蛰; pinyin: jīng zhé) of keichitsu (Japannees: 啓蟄) is die derde sontermyn. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 345° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 360° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op lengtegraad 345° is.

Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 5 Maart en eindig dit omstreeks 20 Maart.Jīngzhé,ABC Chinese–English Dictionary: Alphabetically Based Computerized, p. 308, deur John DeFrancis (1999; University of Hawaiʻi Press ; )

Die woord 驚蟄 beteken die ontwaking van die hibernerende insekte. Volgens tradisionele Chinese folklore sal die donderstorms die slapende insekte tydens jingzhe wakker maak, wat beteken die weer word warmer.

Pentades Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. In China is die pentades van jingzhe: Eerste pentade: Die perskes begin blom (tradisionele Chinees: 桃始華; vereenvoudigde Chinees: 桃始华; pinyin: Táo shǐ huá). Tweede pentade: Wielewale sing helder (倉庚鳴; 仓庚鸣; Cāng gēng míng). Laaste pentade: Arende verander in duiwe (鷹化為鳩; 鹰化为鸠; Yīng huà wéi jiū).

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Sontermyne Kategorie:Lente