Die jaar 1760 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 60ste jaar van die 18de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

Gebeure Britse troepe verower die stad Montreal. Die Pruisiese hoofstad Berlyn word deur Russiese en Oostenrykse troepe beset.

Geboortes 3 Januarie – John Storm, Amerikaanse Revolusionêre soldaat († 1835). 1 Maart – François Nicolas Leonard Buzot, Franse Revolusionêre leier (selfmoord in 1794). 2 Maart – Camille Desmoulins, Franse advokaat en rewolusionêr († 1794). 10 Maart – Leandro Fernández de Moratín, Spaanse dramaturg, vertaler en digter († 1828). 30 April – Joseph Souham, Franse generaal († 1837). 10 Mei – Johann Peter Hebel, Duitse digter († 1826). 28 Mei – Alexandre, Vicomte de Beauharnais, Franse politikus en generaal († 1794). 29 Mei – Charlotte Slottsberg, Sweedse ballerina. 12 Junie – Jean-Baptiste Louvet de Couvrai, Franse skrywer, joernalis, politikus en diplomaat († 1797). 22 Augustus – Annibale Sermattei della Genga (later Pous Leo XII) in Genga († 1829). 1 Oktober – William Thomas Beckford, Engelse roman- en reisskrywer († 1844). 31 Oktober – Katsushika Hokusai, Japannese houtsneekunstenaar († 1849). Oktober – Fredrique Löwen, verhoogaktrise († 1813). 17 Desember – Deborah Sampson, Eerste Amerikaanse vroue-soldaat († 1827). datum onbekend – Louise Françoise Contat, Franse aktrise († 1813). waarskynlik – Lemuel Francis Abbott, Engelse portretskilder († 1802).

Sterftes 25 Oktober – George II, koning van Groot-Brittanje (* 1683) 26 Desember – Hendrik Swellengrebel, die eerste VOC-goewerneur van die Kaapkolonie wat plaaslik gebore is (* 1700).

Kategorie:18de eeu Kategorie:1760