12 November is die 316de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (317de in skrikkeljare). Daar volg nog 49 dae in die res van die jaar.
Gebeure duimnael|regs|125px|Leon Trotsky 1323 – Pous Johannes XXII publiseer die bul Quum inter nonnullos teen die kettery van die Franciskane se "spiritualiste" oor absolute armoede. 1514 – Giovanni Maria Ciocchi del Monte (later Pous Julius III) word tot biskop gewy. 1516 – Die Verdrag van Ewige Vrede tussen Frankryk en die Switserse Bondgenootskap. Koning Frans erken die verowerings van die Switserse Bondgenoodskap in Noord-Italië en betaal die Switsers skadevergoeding van 700 000 Goue Krone. 1576 – Giovanni Antonio Facchinetti (later Pous Innocentius IX) word Latynse patriarg van Jerusalem. 1810 – Wallis (Switserland) word deur Frankryk geannekseer en herbenoem “Department du Simplon”. 1837 – Deborah Retief, skryf haar pa se naam op die Retiefklip naby Harrismith. 1847 – Sonderbund-oorlog: Nederlaag van die “Sonderbund”-Kantone teen die troepe van die Switserse Bondgenootskap in die veldslag by Lunnern an der Reuss. 1918 – Die nasionale staking deur die Sosialiste in Switserland lê die industrie lam. Die staking word deur die burger-weermag onderdruk. 1920 – Die eerste sitting van die Volkebond vind plaas in Lausanne, Switserland 1927 – Leon Trotsky word uit die Kommunistiese Party verban – wat aan Joseph Stalin onbetwiste beheer van die Sowjetunie verleen. 1936 – Die San Francisco-Oaklandbaaibrug open vir verkeer in Kalifornië. 1965 – Wenera 2 word deur die Sowjetunie gelanseer. 1984 – Marokko bedank uit die Organisasie vir Afrika-eenheid as gevolg van die Wes-Sahara-konflik. 1991 – Indonesiese magte vuur op studentebetogers in die Dílislagting. 1995 – Mosambiek sluit aan by die Britse Statebond. 2001 – Taliban-magte verlaat Kaboel, die hoofstad van Afghanistan, voor naderende troepe van die Noordelike Alliansie. 2022 – Nieu-Seeland klop Engeland in die eindstryd met 34–31 en wen sodoende die negende Vrouerugbywêreldbeker in Nieu-Seeland.
Geboortes 1780 – Piet Retief, Voortrekkerleier († 1838). 1840 – Auguste Rodin, Franse beeldhouer († 1917). 1903 – G.S. Nienaber, Afrikaanse taalkundige († 1994). 1917 – Dirk Ziervogel, Suid-Afrikaanse kenner van Bantoetale († 1977). 1929 – Prinses Grace van Monaco († 1982). 1938 – Steve Tshwete, ANC-kabinetsminister († 2002). 1939 – Lucia Popp, Slowaakse operasopraan († 1993). 1945 – Neil Young, Kanadese en Amerikaanse sanger-liedjieskrywer. 1950 – Johan van der Merwe, Afrikaanse akteur († 2012). 1959 – Lip-Bu Tan, Amerikaanse sakebestuurder. 1963 – Damon Galgut, Suid-Afrikaanse skrywer en Booker-prys-wenner. 1969 – Ian Bremmer, Amerikaanse politikoloog, skrywer en entrepreneur wat fokus op globale politieke risiko. 1979 – Erns Grundling, Afrikaanse joernalis en digter. 1980 – Ryan Gosling, Kanadese akteur en musikant.
Sterftes 607 – Pous Bonifatius III, die 66ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1035 – Knoet die Grote, koning van Engeland, Denemarke en Noorweë (* circa 985-995). 1976 – Walter Piston, Amerikaanse komponis (* 1894). 1981 – William Holden, Amerikaanse akteur (* 1918). 1990 – Eve Arden, Amerikaanse aktrise (* 1908). 2000 – Christo Coetzee, Suid-Afrikaanse skilder (* 1929). 2002 – Johannes Kerkorrel, Afrikaanse musikant (* 1960). 2003 – Jonathan Brandis, Amerikaanse akteur (* 1976). 2007 – Piet Koornhof, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister (* 1925). 2013 – John Tavener, Engelse komponis (* 1944). 2016 – Lupita Tovar, Amerikaanse aktrise (* 1910). 2024 – Bent Mejding, Deense akteur en regisseur (* 1937).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Kategorie:November