Die jaar 1715 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 15de jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

Gebeure 18 Maart – Vincenzo Maria Orsini (Later Pous Benedictus XIII) word kardinaal-biskop van Porto e Santa Rufina. 6 Mei – Pous Clemens XI stel Fabio Olivieri, sekretaris van Apostoliese Briewe aan as kardinaal. 29 Mei – Pous Clemens XI stel vier nuwe kardinale aan waaronder Henri-Pons de Thiard de Bissy, biskop van Meaux, Frankryk. Junie - Die Venesiaanse bevelhebber Balbi gee die kleine eiland Tinos op aan Turkye. Die eiland is klein maar die verlies is groot. Dit was Venesiaanse besit sedert 1390.Venice, Austria, and the Turks in the Seventeenth Century, American Philosophical Society: , 1991, , bls. 422 15 November – Die Brandenburgers verower die eiland Rügen. 16 Desember – Pous Clemens XI stel vier nuwe kardinale aan waaronder Niccolò Caracciolo, aartsbiskop van Capua.

Geboortes 23 Oktober – Pieter II van Rusland († 1730).

Sterftes 25 Februarie – Pu Songling, 'n Chinese skrywer (* 1640). 1 September – Lodewyk XIV van Frankryk die "Sonkoning", na 72 jaar se heerskappy, langer as enige ander belangrike Europese monarg (* 1638). 6 Oktober – Melchior Hoffmann, komponis van die Baroktydperk (* 1679)

Verwysings

Kategorie:18de eeu Kategorie:1715