Die jaar 1716 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 16de jaar van die 18de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

Gebeure 24 Mei – Pous Clemens XI verklaar Johannis Frans Régis salig. 1 Augustus – Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII) word camerlengo van die kollege van kardinale. 13 Oktober - In Stellenbosch veroorsaak vloedwaters groot skade in die dorp. Die Spaanse Bourbons maak skielik 'n einde aan die half-outonome status wat Katalonië geniet het.Imperial Spain 1469–1716 Penguin UK, 2002, ,

Geboortes 11 Junie – Otto II. Freiherr von Münchhausen, Duitse plantkundige († 1774) 30 Augustus – Lancelot Brown, bekend as Capability Brown, was 'n Engelse landskapsargitek († 1783)

Sterftes Onbekend – Johan Willem von der Pfalz 14 November – Gottfried Wilhelm Leibniz is in Hannover, Duitsland oorlede, die laaste (Duitse) universele genie. (* 1 Julie 1646 in Leipzig, Duitsland)

Verwysings

Kategorie:18de eeu Kategorie:1716

Verwysings