Die jaar 1740 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 40ste jaar van die 18de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure 17 Augustus – Pous Benedictus XIV volg Pous Clemens XII as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 21 Augustus – Pous Benedictus XIV word gekroon deur kardinaal Carlo Maria de' Marini. 20 Oktober – Maria Theresa volg die troon op in Oostenryk na die Pragmatiese Sanksie van 1713. 3 Desember – Pous Benedictus XIV publiseer Ubi Primum oor die pligte van biskoppe. 14 Desember – Pous Benedictus XIV verklaar Stephana de Quinzanis salig.
Geboortes Thomas Girten – Waterverfskilder 23 Augustus – Iwan VI van Rusland, tsaar van Rusland († 1764) 2 Junie – Die Markies de Sade, Franse edelman en erotikus, in Parys († 1814) 20 Oktober – Isabelle de Charrière, Nederlandse en Switserse skrywer († 1805)
Sterftes 6 Februarie – Pous Clemens XII, die 246ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1652). 28 Oktober – Anna van Rusland, tsaar van Rusland (* 1693)
Kategorie:18de eeu Kategorie:1740