Die Aardperd (戊午, wùwǔ) is die 55ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die vyfde Hemelstam (戊, wù; die element Aarde en Jang) met die sewende Aardtak (午, wǔ), gesimboliseer deur die Perd (馬, mǎ).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Aardperdjaar het in 1978 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 7 Februarie 1978 tot 27 Januarie 1979.

Aardperdjare

Die volgende jare is Aardperdjare:

Jare van die Aardperd 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 2643 v.C. 2583 v.C. 2523 v.C. 2463 v.C. 2403 v.C. 2343 v.C. 2283 v.C. 2223 v.C. 2163 v.C. 2103 v.C. 10 2043 v.C. 1983 v.C. 1923 v.C. 1863 v.C. 1803 v.C. 1743 v.C. 1683 v.C. 1623 v.C. 1563 v.C. 1503 v.C. 20 1443 v.C. 1383 v.C. 1323 v.C. 1263 v.C. 1203 v.C. 1143 v.C. 1083 v.C. 1023 v.C. 963 v.C. 903 v.C. 30 843 v.C. 783 v.C. 723 v.C. 663 v.C. 603 v.C. 543 v.C. 483 v.C. 423 v.C. 363 v.C. 303 v.C. 40 243 v.C. 183 v.C. 123 v.C. 63 v.C. 3 v.C. 58 118 178 238 298 50 358 418 478 538 598 658 718 778 838 898 60 958 1018 1078 1138 1198 1258 1318 1378 1438 1498 70 1558 1618 1678 1738 1798 1858 1918 1978 2038 2098 Wenk: Om uit te werk die hoeveelste siklus van ’n spesifieke dier dit is, tel die nommer van die reël by die nommer van die kolom. Voorbeeld: reël 30 + kolom 2 = 32. Die 32ste siklus van dié dier was in 723 v.C.

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia

55