Die Vuurperd (丙午, bǐngwǔ) is die 43ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die derde Hemelstam (丙, bǐng; die element Vuur en Jang) met die sewende Aardtak (午, wǔ), gesimboliseer deur die Perd (馬, mǎ).
Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Vuurperdjaar het in 1966 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 21 Januarie 1966 tot 8 Februarie 1967.
Vuurperdjare
Die volgende jare is Vuurperdjare:
Jare van die Vuurperd 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 2655 v.C. 2595 v.C. 2535 v.C. 2475 v.C. 2415 v.C. 2355 v.C. 2295 v.C. 2235 v.C. 2175 v.C. 2115 v.C. 10 2055 v.C. 1995 v.C. 1935 v.C. 1875 v.C. 1815 v.C. 1755 v.C. 1695 v.C. 1635 v.C. 1575 v.C. 1515 v.C. 20 1455 v.C. 1395 v.C. 1335 v.C. 1275 v.C. 1215 v.C. 1155 v.C. 1095 v.C. 1035 v.C. 975 v.C. 915 v.C. 30 855 v.C. 795 v.C. 735 v.C. 675 v.C. 615 v.C. 555 v.C. 495 v.C. 435 v.C. 375 v.C. 315 v.C. 40 255 v.C. 195 v.C. 135 v.C. 75 v.C. 15 v.C. 46 106 166 226 286 50 346 406 466 526 586 646 706 766 826 886 60 946 1006 1066 1126 1186 1246 1306 1366 1426 1486 70 1546 1606 1666 1726 1786 1846 1906 1966 2026 2086 Wenk: Om uit te werk die hoeveelste siklus van ’n spesifieke dier dit is, tel die nommer van die reël by die nommer van die kolom. Voorbeeld: reël 30 + kolom 2 = 32. Die 32ste siklus van dié dier was in 735 v.C.
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia
43