Die Houtperd (甲午, jiǎwǔ) is die 31ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die eerste Hemelstam (甲, jiǎ; die element Hout en Jang) met die sewende Aardtak (午, wǔ), gesimboliseer deur die Perd (馬, mǎ).
Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Houtperdjaar het in 2014 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 31 Januarie 2014 tot 18 Februarie 2015.
Houtperdjare
Die volgende jare is Houtperdjare:
Jare van die Houtperd 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 2667 v.C. 2607 v.C. 2547 v.C. 2487 v.C. 2427 v.C. 2367 v.C. 2307 v.C. 2247 v.C. 2187 v.C. 2127 v.C. 10 2067 v.C. 2007 v.C. 1947 v.C. 1887 v.C. 1827 v.C. 1767 v.C. 1707 v.C. 1647 v.C. 1587 v.C. 1527 v.C. 20 1467 v.C. 1407 v.C. 1347 v.C. 1287 v.C. 1227 v.C. 1167 v.C. 1107 v.C. 1047 v.C. 987 v.C. 927 v.C. 30 867 v.C. 807 v.C. 747 v.C. 687 v.C. 627 v.C. 567 v.C. 507 v.C. 447 v.C. 387 v.C. 327 v.C. 40 267 v.C. 207 v.C. 147 v.C. 87 v.C. 27 v.C. 34 94 154 214 274 50 334 394 454 514 574 634 694 754 814 874 60 934 994 1054 1114 1174 1234 1294 1354 1414 1474 70 1534 1594 1654 1714 1774 1834 1894 1954 2014 2074 Wenk: Om uit te werk die hoeveelste siklus van ’n spesifieke dier dit is, tel die nommer van die reël by die nommer van die kolom. Voorbeeld: reël 30 + kolom 2 = 32. Die 32ste siklus van dié dier was in 747 v.C.
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia
31